Murray: 2512 books

Book cover of Ena Murray Keur 1
by Ena Murray
Language: Afrikaans
Release Date: April 1, 2014

In Satan van Zimbabwe begin die intrige met ’n koerantberig oor ’n bloedlose lyk met erg verswakte organe. Kan dit die volmaakte moord wees, of is daar bonatuurlike kragte ter sprake? In Die man met die geel oë gee die werkgewers van geheime agent majoor Brand Bröm aan hom die opdrag om saam...
Book cover of Ena Murray Omnibus 38
by Ena Murray
Language: Afrikaans
Release Date: June 1, 2013

En die klippe sal uitroep Emile de Jongh, kroonprins en hartebreker van die modelplaas La Rhône, is op dertig ’n gesogte vangs onder die skoner geslag. Maar in Miempie Rust, die nuwe verpleegsuster vir die distrik, loop hy egter sy rieme styf. Want Miempie is nie beïndruk met Emile se sjarme nie....
Book cover of Ena Murray Keur 2
by Ena Murray
Language: Afrikaans
Release Date: June 10, 2014

In Oos na die son word daar op die argeologiese ekspedisie na Paaseiland meer as ’n paar geheime van die Polinesiërs se moai en die verborge ana oftewel familiegrafte oopgekrap. Dis veral die verborge geheime van die hart wat aan die lig kom – al eis die aku-aku ’n gru-offer . . . In Reënboog...
Book cover of Ena Murray Omnibus 35
by Ena Murray
Language: Afrikaans
Release Date: September 20, 2012

In Die vrou in die spieël word die hoofkarakter een oggend wakker . . . en ontdek dat sy niks kan onthou nie, nie eens haar eie naam nie. En toe ’n lang, aantreklike man skielik die kamer binnestap, noem hy haar Ansie, ’n naam wat sy in haar diepste wese wéét nie hare is nie!In Die oujongnooi...
Book cover of Ena Murray Omnibus 27
by Ena Murray
Language: Afrikaans
Release Date: September 1, 2011

’n Heerlike verrassing – vier omnibusverhale in plaas van drie!So leeg die moederhart is die aangrypende verhaal van Heilna Serfontein se meedoënlose soektog na haar seun . . . en as vrou ontdek sy boonop vir die eerste keer wat ware liefde is.Op pad na Kanaän is ’n diep geestelike verhaal...
Book cover of Ena Murray Omnibus 36
by Ena Murray
Language: Afrikaans
Release Date: December 6, 2012

"In Oase van geluk staan Isolde en haar jonger suster, Martina, bekend as die dorp se twee aantreklike oujongnooiens. Wanneer Martina troukoors kry, is dit seker net normaal dat Isolde sal begin smag na romanse en die klank van huweliksklokkies. In Wanneer die nuwe dag breek weet die jong Elfie...
Book cover of Ena Murray Keur 5
by Ena Murray
Language: Afrikaans
Release Date: March 20, 2015

In Die kluisenaar van Abendruhe moet Thero van Zyl, die beeldskone sosiale vlinder met ʼn geheimsinnige kwaal, teen wil en dank die pad vat in haar rooi sportmotor na die eksentrieke kluisenaarsdokter Emile Fraser se hospitaal in die Drakensberge. Abendruhe word vir Thero nog ʼn speelveld om in rond...
Book cover of Ena Murray Omnibus 37
by Ena Murray
Language: Afrikaans
Release Date: April 5, 2013

In Die Meissner-kliniek ontmoet die leser die stigter van die eksklusiewe privaat kliniek, dokter Albert Meissner – ook bekend as Godfather – en die gedugte span dokters wat vir hom werk. So lojaal is hulle teenoor hom, en so toegewyd tot hul taak, dat hulle onder die res van die medici in die...
Book cover of Ena Murray Omnibus 32
by Ena Murray
Language: Afrikaans
Release Date: May 10, 2012

In Ter wille van ons drome leer vier vroue mekaar in ’n ginekoloog se spreekkamer ken. Elkeen begeer met haar hele hart ’n eie kindjie . . . maar vrugbaarheidsbehandeling sal eenvoudig nie help nie. En dr. Van Warmelo stel ingrypende alternatiewe voor – aanneming, kunsmatige inseminasie, surrogaatmoederskap...
Book cover of Ena Murray Omnibus 23
by Ena Murray
Language: Afrikaans
Release Date: September 1, 2011

In Die ryper jare kan Amanda, mannekyn by ’n bekende modehuis, nie verstaan hoekom haar ma skielik so ánders optree nie. En so ook haar baas, die man wat haar hart verower het.In En die verlange bly trou Wouda met ’n man wat sy geglo het haar geluk kon bied, selfs liefde . . . tot dáárdie nag,...
Book cover of Ena Murray Omnibus 26
by Ena Murray
Language: Afrikaans
Release Date: April 1, 2011

In Skaduwees van gister beleef matrone Anmar Cloete ’n krisis wanneer die nuwe superintendent maatreëls instel wat haar pos letterlik oornag oorbodig maak. Boonop word daar ’n nuwe dokter – Clive Coertze, haar gewese verloofde! – aangestel.In Die geleende bruid gaan Charmain na die indrukwekkende...
Book cover of Ena Murray Omnibus 29
by Ena Murray
Language: Afrikaans
Release Date: April 6, 2011

Gesamentlik staan hierdie twee stories bekend as Die Verduin-sage, ’n verhaal wat so ryk aan intrige en sensasie, hartstog en skandale, liefdeskinkels en noodlotsdraaie is as die beste TV-sepie. In Die gesin Verduin leer ken ons die eerste geslag van dié gesiene en skatryk familie. Aan die hoof...
Book cover of Ena Murray Omnibus 25
by Ena Murray
Language: Afrikaans
Release Date: September 1, 2011

In Nuwe horison word Hendrien Hugo uit haar rykmeisielewe geruk deur haar aangetrokkenheid tot die aantreklike dr. Luther Lubbe. Hy stel glad nie in haar belang nie, maar sy is vasbeslote om aan hom te bewys dat sy nie net ’n mooi gesiggie is nie, al moet sy dan nou selfs in die hospitaal gaan werk…In...
Book cover of Ena Murray Omnibus 20
by Ena Murray
Language: Afrikaans
Release Date: September 1, 2011

Prokureur Owen Kemp het Elsa Brits, Die meisie van Klaradynstraat, van haar agterbuurtbestaan verlos, maar nie van probleme en pyn nie. Te midde van al die welvarendheid besef Elsa dat ongelukkigheid nie beperk is tot die agterstrate nie, want sy weet van Owen se dogter se geheim, oor Jakob Olwage...
First 21 22 23 24 25 26 2728 29 30 31 32 33 Last
We use our own "cookies" and third party cookies to improve services and to see statistical information. By using this website, you agree to our Privacy Policy