Ena: 115 books

Book cover of Wewenaar van Groene Weide
by Ena Murray
Language: Afrikaans
Release Date: July 6, 2015

In Wewenaar van Groene Weide lei Manda Maree se raad aan die verwende Jeanette de la Rey daartoe dat Rocco de la Rey beweer sy pleegkind se verdwyning is háár skuld. Nou is dit haar plig om Jeanette op te spoor en so word Manda betrek by die weë van miljoenêrs en speurders. Selfs die liefde word versuur deur die haas perfekte Lucille Herbst.
Book cover of Onrus op Oshakati
by Ena Murray
Language: Afrikaans
Release Date: April 20, 2014

In Onrus op Oshakati hoop dokter Linda Maartens dat sy kan ontvlug van die donker wolk wat oor haar professionele naam hang, maar dan beland sy in ’n lewensgevaarlike situasie . . .
Book cover of Huise van klei
by Ena Murray
Language: Afrikaans
Release Date: November 26, 2012

Elise, ’n Kaapse hawehoer wat tot inkeer gekom het, vertrek na Paradys, die Karooplaas waar sy grootgeword het, maar keer kort voor lank weer terug. Sy het die fout gemaak om teenoor Helgard, die jong man wat op haar verlief geraak het, te bieg oor haar verlede . . . Sy begin studeer en vorder goed...
Book cover of Die Meissner-kliniek
by Ena Murray
Language: Afrikaans
Release Date: April 5, 2013

In Die Meissner-kliniek ontmoet die leser die stigter van die eksklusiewe privaat kliniek, dokter Albert Meissner – ook bekend as Godfather – en die gedugte span dokters wat vir hom werk. So lojaal is hulle teenoor hom, en so toegewyd tot hul taak, dat hulle onder die res van die medici in die...
Book cover of Junior in Saal 7
by Ena Murray
Language: Afrikaans
Release Date: April 1, 2012

In die speelse verhaal Junior in saal 7 gee ’n wit leuentjie daartoe aanleiding dat almal dink leerlingverpleegster Louwrinda Kemp het ’n verhouding met haar uiters aantreklike nuwe professor in Verloskunde. Maar kort voor lank besef sy dat daar tóg waarheid in hierdie gerug mag steek.
Book cover of Verworpe silwer
by Ena Murray
Language: Afrikaans
Release Date: July 20, 2013

Op sy eerste huweliksnag fuif Louis Mocke saam met sy vriende in die hotelkroeg. Was sy erfporsie tog die lokaas vir sy blitshuwelik met Santie Marais? Jaag sy broer, Darius, net spoke op wanneer hy haar waarsku om haar goed te vat en te loop? Wanneer Dottie Willemse, Louis se eertydse liefde, terugkeer...
Book cover of Wanneer die nuwe dag breek
by Ena Murray
Language: Afrikaans
Release Date: December 15, 2012

Toe die jong Elfie en die wêreldwyse Renier die eerste maal ontmoet, het hul albei geweet hulle het hul lewensmaat gevind. Maar hulle moes eers deur die lewe gelouter word voordat hulle mekaar werklik kon waardeer . . .
Book cover of Eensaam op Wegdraai
by Ena Murray
Language: Afrikaans
Release Date: July 20, 2013

’n Skaduwee skuif oor Bokkie en Tokkie se sorgelose kaalvoetlewe, waarin sokkerspel saam met die dorpseuns die hoogtepunt van pret is. En die rede? Ontluikende vroulikheid . . . ’n vloekwoord en blykbaar ’n ongeneeslike siekte. Dis veral juffrou Estelle Huizeman se arendsoog wat dié dinge opmerk....
Book cover of Terug na Eden
by Ena Murray
Language: Afrikaans
Release Date: November 26, 2012

Nols Retief se kleinkinders kry swaar: Nols junior, wat die pad gevat het ’n week na sy oupa se testament gelees is, kruip nou – vier jaar later – steeds in Midas Hammond se dobbelstad weg. Janneman, wat met Nols se verloofde getroud is toe hulle ontdek dié is swanger, sit nou opgesaal met...
Book cover of Die ongebore uur
by Ena Murray
Language: Afrikaans
Release Date: April 5, 2013

In Die ongebore uur het Inge Buchner, agterkleindogter van dr. Albert Meissner, een doel voor oë: om te sorg dat daar eendag weer ’n dokter met die van Meissner aan die hoof van die kliniek staan. Dis dié dat sy in haar tweede jaar medies besluit om Suid-Afrika te verlaat en haar studie in Duitsland...
Book cover of Oos na die son
by Ena Murray
Language: Afrikaans
Release Date: June 30, 2014

In Oos na die son word daar op die argeologiese ekspedisie na Paaseiland meer as ’n paar geheime van die Polinesiërs se moai en die verborge ana oftewel familiegrafte oopgekrap. Dis veral die verborge geheime van die hart wat aan die lig kom – al eis die aku-aku ’n gru-offer . . .
Book cover of Sonneblomstraat 7
by Ena Murray
Language: Afrikaans
Release Date: February 28, 2014

Die kaartehuis van Niel en Wanya Cloete stort in duie die dag toe Niel, grootbaas van Rock Trust en wonderkind van die finansiële beleggingswêreld, as swendelaar ontmasker word. Duisende beleggers, onder wie ou mense wat hul laaste bietjie spaargeld verloor, bevind hulle skielik reddeloos op straat....
Book cover of Skynglans van die maan
by Ena Murray
Language: Afrikaans
Release Date: July 6, 2015

In Skynglans van die maan is Deidre Retief toegespits op die hoë, suiwer noot. Maar dan versplinter die rou wanklanke soos fyn skerfies glas in haar keel… Pynliker nog is die eggo van Neil Maritz se voorspelling: Hardloop maar agter die skynglans van die maan aan – dis bar en bitter eensaam daar. Kan die blaasvlam van die lewe die splinters van haar hart weer aanmekaarsmelt?
Book cover of As die lied verstil
by Ena Murray
Language: Afrikaans
Release Date: October 6, 2015

As die lied verstil is die verhaal van Chrissie Erasmus van Dennedal. Almal op dié dorpie ken haar as die goeie kind wat na haar ouma omsien, wat Sondagskool hou en ’n staatmaker is by die basaartafel. Ouma droom al van ’n huwelik tussen Chrissie en die gawe Jan Barendse. Maar oornag is die skindertonge...
1 2 3 4 5 67 8 9
We use our own "cookies" and third party cookies to improve services and to see statistical information. By using this website, you agree to our Privacy Policy