Afrigter, aanmoediger, vertroueling, kok, taxibestuurder – ’n ma se ‘posbeskrywing’ is so wyd soos die oseaan. Dalk is dit waarom soveel ma’s onseker en huiwerig is in hul pogings om hul kinders na die beste van hul vermoë groot te maak. Ma-wees met selfvertroue is vir elke ma wat voel sy is nie goed genoeg nie en wens haar kinders het met ’n handleiding gekom. Joyce Meyer verseker jou dat jy nie alleen is nie – God is by jou en Hy wil jou help om die uitdagings wat jou elke dag in die gesig staar met vertroue aan te pak. Joyce Meyer gee waardevolle riglyne om jou te help om jou gesin met God se krag en wysheid te lei in ’n wêreld vol uitdagings en verandering. Deur inspirerende verhale, Bybelse beginsels en waardevolle lesse uit haar lewe kan jy hernude selfvertroue en vreugde in ma-wees ervaar. Van die onderwerpe wat sy aanspreek sluit in: Volmaakte vroue hoef nie aansoek te doen nie God kan dit hanteer Ontspan ’n slag … en glo Geen vrees hier nie Fokus op die positiewe Hou dit eenvoudig Waag dit om nie te vergelyk nie Geniet die reis Dit maak nie saak hoe oud jy is, watter grootte rok jy dra, hoeveel kinders jy het of wat jou omstandighede is nie, jy kan die vreugdevolle, selfversekerde ma word wat God jou geskep het om te wees.