Eindspel

Mystery & Suspense, Thrillers, Fiction & Literature
Cover of the book Eindspel by Wilna Adriaanse, Tafelberg
View on Amazon View on AbeBooks View on Kobo View on B.Depository View on eBay View on Walmart
Author: Wilna Adriaanse ISBN: 9780624075318
Publisher: Tafelberg Publication: February 17, 2017
Imprint: Tafelberg Language: Afrikaans
Author: Wilna Adriaanse
ISBN: 9780624075318
Publisher: Tafelberg
Publication: February 17, 2017
Imprint: Tafelberg
Language: Afrikaans

Ellie gewaar hulle in die truspieëltjie langs die orrel, die oomblik toe hulle die kerk binnekom. Sy herken hulle sonder dat sy hulle al ooit gesien het. ’n Oomblik lank is dit asof haar lyf ontspan. Onbewustelik het sy dalk tog verwag dat iemand haar in ’n stadium sal kom soek. Sy kyk hoe albei jong mans hul sonbrille teen hul voorkoppe opskuif, rondkyk en dan in die agterste bank gaan sit. Die dag toe Ellie McKenna haar huis in die Kaap verhuur het, haar motor gepak en begin ry het, het sy nie ’n plan gehad nie. Al wat sy geweet het, is dat sy eers moet wegkom. Sedert die aand toe haar pa by ’n padblokkade doodgeskiet is, was daar nog nie tyd om terug te staan en behoorlik oor alles te dink nie. Daar was werk om te doen. Sy wou aanvanklik uit die polisiediens bedank, maar op die ou end het sy ingewillig om eers net vir ses maande met mediese verlof te gaan. Nou is dit amper vyf maande later en sy stel die besluit daagliks uit. Sy hou van haar nuwe lewe op die platteland; die huis wat sy op die plaas huur, pas haar. Sy het ’n leidam waarin sy swem en twee groot bome waar sy ’n hangmat gespan het. Sommige aande help sy in een van die plaaslike kuierplekke en nou en dan tel sy haar kitaar op en sing laataand vir die vasbyters. Tot haar eie verbasing help sy ook nog sommer hier en daar op ’n Sondag uit as die kerk se orrelis nie kan speel nie. Daar is ’n verleidelike eenvoud aan haar lewe hier agter die Langeberge. Sy vul haar dae en die meeste aande met alledaagse dinge. Dis net wanneer sy nie kan slaap nie dat sy in die spaarkamer gaan sit, daar waar haar kaarte, diagramme en lyste teen die mure opgeplak is. Van name, datums, verbintenisse. Êrens in die web is die naam van haar pa se moordenaar. Sy moet net hard genoeg soek. Dit is die enigste kontak wat sy met haar vorige wêreld het. Die lyste en die rugsak met klere wat sy in die ou murasie weggesteek het. Sy is nie seker waarom sy dit gedoen het nie, maar sy weet sy het daarna effe rustiger geslaap. Terwyl sy hulle in die truspieëltjie langs die orrel dophou, weet sy dit was vir hierdie dag. En sy weet ook sy sal moet gaan uitvind wie haar soek, en waarom.

More books from Tafelberg

Cover of the book Melodie Omnibus 3 by Wilna Adriaanse
Cover of the book Kristel Loots-omnibus 1 by Wilna Adriaanse
Cover of the book Wat Meisies moet weet by Wilna Adriaanse
Cover of the book Winterman, somerhart by Wilna Adriaanse
Cover of the book Tahiti, verre land by Wilna Adriaanse
Cover of the book Hartklop Omnibus 3 by Wilna Adriaanse
Cover of the book Your Kruger National Park Guide - With Stories by Wilna Adriaanse
Cover of the book Ena Murray Keur 10 by Wilna Adriaanse
Cover of the book The Orange Earth by Wilna Adriaanse
Cover of the book Persomi by Wilna Adriaanse
Cover of the book Elza Rademeyer Omnibus 7 by Wilna Adriaanse
Cover of the book Die liefde oorwin by Wilna Adriaanse
Cover of the book Van altyd af by Wilna Adriaanse
Cover of the book Gister se verlange by Wilna Adriaanse
Cover of the book Die naamlose by Wilna Adriaanse
We use our own "cookies" and third party cookies to improve services and to see statistical information. By using this website, you agree to our Privacy Policy