Lapa Uitgewers: 468 books

Cover of Goedgenoeg vir Mienke
by Erika Swart
Language: English
Release Date: January 6, 2013

Die testament bepaal Mienke moet Goedgenoeg verdien deur na 'n jaar wins te toon. Daarvoor sien Mienke kans. Waarvoor sy nie kans sien nie, is haar buurman. So dierbaar en behulpsaam as wat hierdie Ruben-man is wanneer hy op sy perd die werf inkom, so kan sy buie wissel. Mienke weet nie genoeg om...
Cover of Man in 'n raam
by Annetjie van Tonder
Language: English
Release Date: January 4, 2016

Surene raak verlief op die foto van haar woonstelmaat se broer, Michiel. As sy hom uiteindelik op 'n vakansie ontmoet, besef sy dit is makliker om verlief te wees op Michiel-in-die-raam, as Michiel-in-lewende-lywe.
Cover of Nuwe seisoen
by Annetjie van Tonder
Language: English
Release Date: January 4, 2016

Ronel het nie verwag dat 'n vroulike adjunkhoof so 'n opskuddinkie op die klein dorpie sou veroorsaak nie. Boonop kies die nuwe skoolhoof, Frans Hugo, sommer die eerste dag al kant teen haar na kwaadwillige praatjies.
Cover of Nooit weer alleen
by Annetjie van Tonder
Language: English
Release Date: January 4, 2016

Alet begeer weer om bemin te word, om te behoort. Hier ver van haar probleme en naby Antoon Basson is alles idillies. Maar tydelik. Sy moet weer terug na haar alleenheid. En haar hart agterlaat.
Cover of Altyd somer
by Annetjie van Tonder
Language: English
Release Date: January 4, 2016

Ricardo kom bied werkwinkels oor bonsaikuns by Philna se oupa se kwekery aan. Die bonsaimeester maak haar subtiel die hof en wen onherroeplik haar hart. Maar wie is die vrou en seun in die foto wat hy oral saam met hom dra?
Cover of Haar ander helfte
by Annetjie van Tonder
Language: English
Release Date: January 4, 2016

Vandat Corneli die dokter Alberto del Piero ontmoet het, woel vreemde emosies in haar. Toe sy ma ingryp met 'n verhaal uit die Tweede Wereldoorlog, besef Corneli sy sal hulle liefde in die kiem moet smoor.
Cover of Bruid in brokaat
by Annetjie van Tonder
Language: English
Release Date: January 5, 2016

Hy gee haar hart vlerke, leer haar liefde ken. Maar Gerbrandt Louw is 'n bedrieer, glo Roda. Hy lei haar en haar oom om die bos. Hul besoek aan Kioto is 'n bedrogspul. Hoe gemaak met sy verraad?
Cover of Haar hart se tuiskoms
by Annetjie van Tonder
Language: English
Release Date: December 2, 2018

Na Lana se egskeiding, fokus sy op haarself en haar kinders. Romanse is nie welkom in haar huis nie. Maar haar buurman, Daniel, maak met sy outydse sjarme en mooi blou oe haar hart weer fiks vir liefde.
Cover of Liefdesweb
by Annetjie van Tonder
Language: English
Release Date: January 4, 2016

Hector Terbruch vra Zilna om 'n portret van sy dogter te skilder. Sy verwag 'n ou man op die suikerplaas in KwaZulu-Natal, maar Hector is jonk, begeerlik, oorrompelend, onaantasbaar, en speel graag kat en muis met haar.
Cover of Wie nie waag nie
by Annetjie van Tonder
Language: English
Release Date: January 15, 2018

gabi het op skool vir reuel afgeskryf as 'n nerd. by hul reuenie twintig jaar later is die nerd nie meer 'n nerd nie, maar 'n aantreklike man vol selfvertroue. een wat haar leer om te waag vir die liefde. maar sal hy haar kan vergewe?
Cover of Tussen twee vure
by Annetjie van Tonder
Language: English
Release Date: January 4, 2016

Helette se plan was sowaar nie om au pair te speel vir 'n kleuter nie. Die professorpa is buitendien net te befoeterd en te aantreklik. Of is daar 'n ander rede vir die magnetiese man se frons?
Cover of 'n Stukkie hemel
by Frenette van Wyk
Language: English
Release Date: January 10, 2011

Arabella aanvaar die werk as stalkneg op Elysium, nie net omdat sy so lief is vir perde, of om naby haar hemelsmooie aartsvyand, Stefan Marx, te wees nie. Sy wil haar eie plaas, Kartelrant, terugkry wat hy onder haar uit gekoop het.
Cover of Ek wil jou he
by Frenette van Wyk
Language: English
Release Date: January 4, 2013

Sugar is nou wel 'n mechanic en garage-eienaar maar sy is ook vrou. En onverwags bevind sy haar alleen saam met 'n aantreklike man op 'n 4x4-roete in 'n nag vol Bosveldsterre.
Cover of Wintersprokie
by Frenette van Wyk
Language: English
Release Date: January 12, 2015

Kristien vergesel vir Derek Rubenstein en sy gesin na Switserland om 'n Kersfeesartikel vir haar werk te skryf. In 'n berghuis ontdek sy die rede vir Derek se antagonisme jeens Kerstyd en kan hulle sprokie as 'n paartjie uiteindelik begin.
First 20 21 22 23 24 25 2627 28 29 30 31 32 Last
We use our own "cookies" and third party cookies to improve services and to see statistical information. By using this website, you agree to our Privacy Policy