Sophia Kapp: 10 books

Book cover of Driehoek
by Sophia Kapp
Language: English
Release Date: January 9, 2013

Tien jaar nadat sy Potch se vervelige stof van haar voete afgeskud het, is Tessa terug. Maar sy is stukkend en moet van voor af probeer sin maak uit die lewe. Hoekom moet dit juis die onvergewensgesinde professor in Teologie wees wat haar hart laat roer?
Book cover of Die erflating
by Sophia Kapp
Language: English
Release Date: January 8, 2013

Toe Adriaan Malan sterf, word die mat onder Adri uitgeruk - haar pa het sy beherende aandeel in AM Holdings aan 'n vreemdeling verkoop. Wouter Mouton word haar baas, en sy moet veg om professioneel en emosioneel staande te bly.
Book cover of Oorlewingsgids vir 'n bedonnerde diva
by Sophia Kapp
Language: English
Release Date: January 3, 2016

Simone se tweede huwelik eindig ook rampspoedig. Op die Vrystaatse dorpie waarheen sy en haar seun hulle begewe, word hulle omring van kleinburgerlikes, groot geeste en veral een geesgenoot.
Book cover of Huis van die wind
by Sophia Kapp
Language: English
Release Date: January 2, 2013

Die afgrond tussen hulle is so onoorbrugbaar as die Drakensberg se donkerblou klowe: sy is Boere-adel; hy is die Portugese kafeebaas se seun. Gaan die donker geheim wat op KwaMoyeni gehuisves word hulle nog verder uitmekaar dryf?
Book cover of Die tuiskoms
by Sophia Kapp
Language: English
Release Date: January 5, 2014

Tien jaar gelede is Liz Aucamp van haar geboortedorp weggejaag. Nou moet sy terug en haar verlede in die oe kyk. Die leuens is groter, die geheime donkerder. Durf sy meer as net haarself beskerm?
Book cover of Die verhuising
by Sophia Kapp
Language: English
Release Date: January 9, 2013

Eerstejaar Danelle is op 'n dorp en 'n kampus waar sy nie wil wees nie. Boonop bly sy by haar ma, wat daagliks agteruitgaan. Haar liefdeslewe is ook nie na wense nie. Is dit net sy wat so swaar dra aan 'n kruis?
Book cover of Waar die hart is
by Sophia Kapp
Language: English
Release Date: January 9, 2013

Idalette veg om haar erfporsie van Adriaan Malan te behou. Sy glo sy's nie goed genoeg nie, nie soos Adri en JC nie. Veral nie vir Charl Nienaber nie, trustee van haar erflating, wat haar net verdra, verduur.
Book cover of 'n Nuwe lente
by Sophia Kapp
Language: English
Release Date: January 9, 2013

In die afsondering van die Weskus wil JC Malan gesond word, haar vrede terugkry. Teen haar sin deel sy die huis op Uitsig met Josua du Toit, stel haar bloot, min wetende hoe groot sy leuen is.
Book cover of Die ooreenkoms
by Sophia Kapp
Language: English
Release Date: January 6, 2014

Hulle is pole uitmekaar, tog word Adam Rossouw, lid van Kaapstad se sosiale elite, en Petronel Cilliers, sanger in 'n grot van 'n kroeg, na 'n nag van passie onherroeplik aan mekaar verbind.
Book cover of Moelikheid met 'n meermin
by Sophia Kapp
Language: English
Release Date: January 8, 2016

Gerrit verwyl sy tyd in Thailand met toeriste-uitstappies terwyl hy wag dat 'n sakeman hom kontak, want hy is hier om die man te fotografeer. Dis op 'n toeristeboot wat hy haar egter gewaar: Die meermin met die onmoontlike mooi groen oe.
We use our own "cookies" and third party cookies to improve services and to see statistical information. By using this website, you agree to our Privacy Policy