Helene De Kock: 31 books

Book cover of Lelie van die laagte
by Helene de Kock
Language: Afrikaans
Release Date: November 26, 2012

Mia Dijkstra, pas klaar met die kweekskool, en haar veel jonger suster, Karien, se geldelike situasie is benard sedert hul ouers oorlede is. Om te kan oorleef, neem hulle hul intrek in hul tante se huis op Stellenbosch. Die buurman is Tom Muller, ’n teologiese student wat eers laat in sy lewe gaan...
Book cover of Witness to AIDS
by Helene de Kock
Language: English
Release Date: April 24, 2013

The moving and powerful story that stunned South Africa: Edwin Cameron - the first public office holder to disclose he was living with AIDS - writes about his decision, his experience and the struggle that millions face in seeking treatment. Part memoir, part thought-provoking analysis, this...
Book cover of Die bruidseisoen

Die bruidseisoen

twee novelles: ’n Bruid vir vier Seisoene en Huwelik in die Herfs

by Helene de Kock
Language: Afrikaans
Release Date: May 2, 2013

Die Bruidseisoen bestaan uit twee lang novelles. In ’n Bruid vir vier seisoene gaan hou Sanet Bornman in Venesië vakansie waar sy die nuus kry dat haar flambojante verloofde, Kallie, skielik getroud is. Maar gelukkig is daar ’n ou vriend wat haar onderskraag, iemand wat wéét dat die liefde...
Book cover of Vrou van formaat
by Helene de Kock
Language: Afrikaans
Release Date: August 20, 2013

In Vrou van formaat is die hoofkarakter, Danika, vies vir mans: ’n vrou moet mos mediamodelmooi wees,of sy is niks in hul oë nie.Van kleins af stry sy teen dié onregverdigheid. En sedert daardie traumatiese aand in Frankryk, het “mooi” vir haar finaal ’n vloekwoord geword!
Book cover of Mense van faam
by Helene de Kock
Language: Afrikaans
Release Date: August 20, 2013

Mense van faam gaan oor tweelingsusters, sprankelende Diana en sober Debora, die koel advokaat, wat reken Diana se skoonfamilie, die Mynhards, is net ’n klomp snobs. Debora word egter teen haar wil ook ingetrek in die lewens van dié wynboer-clan, en besef uiteindelik hulle is mense van faam én vaam. Theron het diepte en selfs Kieron is te enigmaties om te peil . . .
Book cover of Dieper water
by Helene de Kock
Language: Afrikaans
Release Date: October 9, 2007

Op die plaas Diepwater speel die verhaal van Rachel en Hektor Froneman hom af. Hulle is tegelyk minnaars en eggenote, vriende en bitter vyande. Van hul kindertyd af is hulle onskeidbaar. Maar Diepwater, geleë in die berge van die Oos-Vrystaat, is ‘n plek van geskiedenis en trauma. Soos wat die...
Book cover of Vuurvliegie
by Helene de Kock
Language: Afrikaans
Release Date: August 15, 2013

Drie spanningsvolle liefdesverhale, so aangrypend en meesleurend as wat ’n mens van hierdie ervare en gewilde skrywer kan verwag. In Vuurvliegie bring die liefde sy kwota verdriet. Een ding weet Danien Fouché: sy wil Alfons hê. Maar sy het ’n eienaardige gevoel dat sy ’n mens-binne-’n-mens liefhet – ’n óú bekende, en tog ook ’n wildvreemde.
Book cover of Uur van die Sewester
by Helene de Kock
Language: Afrikaans
Release Date: May 2, 2013

Uur van die Sewester is ’n spannende verhaal wat in die Oos-Vrystaatse berge afspeel. Clara is terug op die plaas na haar verblyf in Italië en dis eers wanneer ’n ou jeugvriend, Alfons Minnaar, een aand gewond by die voordeur opdaag en vra dat sy sy teenwoordigheid geheim hou dat sy agterkom...
Book cover of Man van gister
by Helene de Kock
Language: Afrikaans
Release Date: May 2, 2013

Man van Gister is ’n plaasroman oor die lief en leed van vier jongmense wat na die afloop van hul studies uitsien na ’n idilliese vakansie op Damplaas in die Oos-Vrystaat. Maar onder die skynbaar vreedsame oppervlak is daar tog diep emosionele onderstrome in hul onderskeie verhoudinge. En die...
Book cover of Sewende somer
by Helene de Kock
Language: Afrikaans
Release Date: August 15, 2013

In Sewende somer keer Ester Kolbe terug na die plek waar sy en Zach Dijzel liefgehad het. Sy gaan woon in die Dijzel-huis waar daar sewe jaar tevore ’n moord gepleeg is. Niemand het nog vergeet nie en Zach het verdwyn. Dis egter tyd dat Zach terugkom en opeis wat syne is, as hy nog kan. Want die sewende somer is ’n rustyd.
Book cover of Skemerspel
by Helene De Kock
Language: Afrikaans
Release Date: November 3, 2014

In Skemerspel moet Eben sy geliefde Christine teen sy sin agterlaat wanneer hy in Leiden gaan studeer. Hy het gehoop sy sal hom kan vergesel, maar haar jong boetie se herstel na ’n ernstige ongeluk is stadig en sy kan hom en haar bejaarde ou vader nie alleen los nie. Maar is hul liefde sterk genoeg om so ’n lang skeiding te deurstaan?
Book cover of Gruispad na Tóg Wat
by Helene De Kock
Language: Afrikaans
Release Date: November 3, 2014

Nog ’n verhaal van jong liefde. Gruispad na Tóg Wat speel af deels op ’n plaas in die Vrystaat en deels op die kampus van die Universiteit van Pretoria. Die rustelose Pierre Nienaber is nog nie gereed om met sy jeugliefde te trou en te gaan boer nie en besluit om ’n nagraadse kursus te gaan doen. Maar daar is ’n lewenslustige jong mediese student wat al sy waardes onderstebo keer.
Book cover of Windspoor
by Helene de Kock
Language: Afrikaans
Release Date: August 15, 2013

Windspoor is ’n verhaal van liefde en van verraad. Laura Helmer se bruidegom verdwyn ’n kort rukkie voor hul troue. Gustav Bothma is daar om te troos. Niemand glo meer in Ruben nie, tog kan Laura nie maar net laat gaan nie. Nie solank daar ’n geheimsinnige windspoor is wat na hom toe lei nie . . .
Book cover of Tiendes van silwer
by Helene De Kock
Language: Afrikaans
Release Date: November 3, 2014

Tiendes van silwer is die verhaal van die liefdeslewe van vier jongmense en speel af op die kampus van die Universiteit van Potchefstroom. Dis deurmekaar jare van liefkry en keuses doen, seerkry en ontdek dat silwer net ’n skynsel is. En dat werklike geluk net met die hart gekoop kan word.
1 23
We use our own "cookies" and third party cookies to improve services and to see statistical information. By using this website, you agree to our Privacy Policy