'n Affair om te vergeet

'n Ware Verhaal

Nonfiction, Family & Relationships, Relationships, Marriage, Health & Well Being, Self Help, Self Improvement, Biography & Memoir
Cover of the book 'n Affair om te vergeet by Marie Opperman, Random House Struik
View on Amazon View on AbeBooks View on Kobo View on B.Depository View on eBay View on Walmart
Author: Marie Opperman ISBN: 9781770221109
Publisher: Random House Struik Publication: November 5, 2010
Imprint: Zebra Press (Random House Struik) Language: Afrikaans
Author: Marie Opperman
ISBN: 9781770221109
Publisher: Random House Struik
Publication: November 5, 2010
Imprint: Zebra Press (Random House Struik)
Language: Afrikaans

’n Affair om te vergeet is die ware verhaal van hoe die skryfster van haar man se affair uitgevind het, haar reaksie daarop, en hoe sy uiteindelik daarin geslaag het om vrede en aanvaarding te vind. Hoewel dit ’n beskrywing van haar persoonlike reis is, sal baie mense hulle met haar ondervinding kan vereenselwig: haar ongeloof en woede toe sy die boodskap op haar man se selfoon kry; die waansinnige en obsessiewe gesnuffel deur sy private dokumente en persoonlike besittings; die woede, seerkry en vernedering oor die verraad wat teen haar gepleeg is; die diep hartseer oor ’n verlore liefde; en laastens, deur ’n proses van pynlike selfontdekking en selfontleding, die besef dat dit alles ten goede was, dat sy nou sterker as ooit is. ’n Affair om te vergeet is ’n brutaal eerlike en onomwonde beskrywing van ’n affair. Maar alhoewel dit hoofsaaklik een vrou se verhaal is, lê dit ook ’n universele tema bloot: Hoe hanteer jy dit as dit met jou gebeur? Wat is jou reaksie, en hoe kom jy dit te bowe? Kan jy dit te bowe kom? Die skryfster voer onderhoude met etlike mense wie se lewens deur affairs geraak is, en vind gedurende dié pynlike, dikwels ontstellende proses die pad na haar eie geestelike vernuwing. Sielkundiges gee ook interessante professionele advies en ’n private speurder verstrek verbasende inligting. Dit is nie ’n boek wat beskuldig of oordeel nie, maar ’n opregte poging om uit te vind waarom mense diegene wat hulle liefhet, seermaak. Dit is in die eerste plek ’n bemoedigende en geestelike boek wat aanklank sal vind by die duisende mense wat op die een of ander manier geraak is deur ’n affair om te vergeet.

More books from Random House Struik

Cover of the book Dancing to a Different Rhythm by Marie Opperman
Cover of the book Dances with Devils by Marie Opperman
Cover of the book A Sailor's Honour by Marie Opperman
Cover of the book Bodyhood by Marie Opperman
Cover of the book Solace by Marie Opperman
Cover of the book Aidsafari by Marie Opperman
Cover of the book Zebra Crossing by Marie Opperman
Cover of the book Pocket Guide Mammals of Southern Africa by Marie Opperman
Cover of the book The Lazarus Funeral Parlour by Marie Opperman
Cover of the book Love, Sex, Fleas, God by Marie Opperman
Cover of the book Mugabe and the White African by Marie Opperman
Cover of the book The Classifier by Marie Opperman
Cover of the book African fly-fishing handbook A guide to freshwater and saltwater fly-fishing in Africa by Marie Opperman
Cover of the book Behind the Badge by Marie Opperman
Cover of the book The Great Agony & Pure Laughter of the Gods by Marie Opperman
We use our own "cookies" and third party cookies to improve services and to see statistical information. By using this website, you agree to our Privacy Policy