Jack en Molly Campbell is die trotse aanneem-ouers van ‘n vierjarige seun, Joey. Hulle gesin is die toonbeeld van geluk – Pa en Ma het mekaar lief, hul seuntjie is goed aangepas, en finansieel is hulle goed daaraan toe. Hierdie idilliese prentjie spat binne oomblikke aan skerwe toe hulle hoor dat Joey se biologiese pa – wat tydens Joey se geboorte in die tronk was – nooit toestemming gegee het vir die aanneming nie. ‘n Regter beslis dat Joey moet terug gaan na sy biologiese ouers toe. Die Campbells is verpletter, en prober alles binne hul vermoë om Joey te behou. As dit onafwendbaar lyk dat hulle hom gaan verloor, beraam Jack ‘n desperate plan om sy gesin bymekaar te hou…