Author: | Chris Moolman | ISBN: | 1230000243102 |
Publisher: | e-Boeke vir Afrika | Publication: | May 29, 2014 |
Imprint: | Language: | Afrikaans |
Author: | Chris Moolman |
ISBN: | 1230000243102 |
Publisher: | e-Boeke vir Afrika |
Publication: | May 29, 2014 |
Imprint: | |
Language: | Afrikaans |
Wanneer 'n bekende afgetrede advokaat, Otto Falck, besluit om die vermeende moordenaar van 'n middeljarige egpaar op 'n kleinhoewe buite Bloemfontein te verdedig, geskied dit ná groot innerlike wroeging. Sy beminde is immers ná 'n kaping verkrag en vermoor. 'n Voormalige joernalis, Coen de Beer, wat met sy eie persoonlike probleme worstel, help die advokaat om dieper te delf. De Beer se pad kruis met dié van die onstuitbare Sue Enslin, en hulle beland in 'n maalkolk vol geheime, spanning en moord. Dit blyk dat daar veel meer agter die moorde steek as wat aanvanklik vermoed is. Die laaste advokaat is 'n boeiende roman met 'n verrassende ontknoping.