Tafelberg: 581 books

Cover of Liefde op Langebaan
by Trish Goosen
Language: Afrikaans
Release Date: December 12, 2013

Lana het ná ’n liefdesteleurstelling op Langebaan kom heel word, hier waar niemand die potjierol van vroeër ken nie, waar sy weer kan leer om goed genoeg te voel. Vir iemand wat sukkel met haar selfbeeld, is die eerste keer wat sy en Ben mekaar sien, nie van die beste nie: Sy struikel in ’n...
Cover of Lelie van die laagte
by Helene de Kock
Language: Afrikaans
Release Date: November 26, 2012

Mia Dijkstra, pas klaar met die kweekskool, en haar veel jonger suster, Karien, se geldelike situasie is benard sedert hul ouers oorlede is. Om te kan oorleef, neem hulle hul intrek in hul tante se huis op Stellenbosch. Die buurman is Tom Muller, ’n teologiese student wat eers laat in sy lewe gaan...
Cover of Sondag van die silwersee
by Maretha Maartens
Language: Afrikaans
Release Date: September 1, 2011

Farah Olivier aanvaar ’n pos as kuns- en dansonderwyseres by ’n privaatskool in Somerset-Wes, maar wanneer sy aanmeld, is daar nie ’n mens in sig nie. Want die skool was net ‘n verneukspul. Vyf dae later weet die 22-jarige Farah hoe dit voel om die ma van twee tieners en ’n laatlam te wees....
Cover of Katryn van die klipdassies
by Maretha Maartens
Language: Afrikaans
Release Date: April 28, 2011

In Katryn Müller se ouerhuis was swaarkry of die aanvaarding van verantwoordelikheid nie hoog op die agenda nie en godsdiens het geen rol gespeel nie. Maar kort voor Katryn as vennoot in haar ouers se verslankingsmiddel-sakeryk opgeneem kan word, verander die lewe en die atmosfeer in Müllerhof onherroeplik....
Cover of Yskoue, vuurwarm liefde
by Madeleine Malherbe
Language: Afrikaans
Release Date: April 1, 2011

Sandra Botes vertrek as skeepsdokter op ’n vakansieskip na Antarktika om weg te kom van die onwelkome aandag van Max. Op die skip ontmoet sy vir Brandon, die ekspedisieleier, en vinnig ontwikkel daar ’n besonderse vriendskap tussen hulle. Brandon wil hul verhouding na ’n volgende vlak neem,...
Cover of Ontmoet my in Patong
by Madeleine Malherbe
Language: Afrikaans
Release Date: April 1, 2011

Laura Els is glad nie baie gelukkig in die hospitaal waar sy verpleeg nie. Miskien is dit omdat haar kêrel, Braam, weg is Engeland toe. Of dalk is dit nog die nadraai van die tsoenami-gebeure. Wat ook al, Laura besluit om Engeland toe te gaan, na Braam toe. Maar eers wil sy terug Thailand toe, vir...
Cover of Sonpad na Zanzibar
by Madeleine Malherbe
Language: Afrikaans
Release Date: April 1, 2011

Fisioterapeut Isabelle van der Walt kry die kans van ’n leeftyd wanneer die sakereus Ernst Joubert haar nader om saam met haar kêrel, Dolf Dreyer, by sy nuwe hotel in Zanzibar te gaan werk. Isabelle moet die terapeute by ’n spa oplei en Dolf moet die nuwe hotel se rolstoelgeriewe kom ondersoek. ...
First 36 37 38 39 40 41 42
We use our own "cookies" and third party cookies to improve services and to see statistical information. By using this website, you agree to our Privacy Policy