Tafelberg: 581 books

Cover of Geërfde liefde
by Lizet Engelbrecht
Language: Afrikaans
Release Date: September 1, 2011

Om te boer is nie net haar beste uitweg nie, dit is haar énigste uitweg. Nikki Swart, wat tot nou toe net die diamantkant van die lewe geken het, word gedwing om haar deel van die erfplaas in die noorde van Zambië op te eis – en daarop te boer vir oorlewing.  Rooskleurig is dit beslis nie. Want...
Cover of Meerminliefde
by Lizet Engelbrecht
Language: Afrikaans
Release Date: August 24, 2011

René is ’n vrou met ’n humeur. Veral as iemand ’n dier wil skade aandoen, vlam sy goed op, nes haar vlamrooi hare. Haar nuwe buurman laat haar ook met die eerste oogopslag oorkook – en nié van vreugde nie. Wanneer sy boonop uitvind dat dierewelsyn nie boaan sy agenda staan nie, is die hel...
Cover of Victoriavalle van liefde
by Lizet Engelbrecht
Language: Afrikaans
Release Date: September 1, 2011

Dokter Emesia, wat pas haar eie praktyk gekoop het, maak teensinnig ’n belofte aan haar sterwende vriendin om vir drie maande as verpleegster by die Rhodes-Inn in Livingstone, Zambië te gaan werk. Emesia het egter haar eie plan: sy wil die Fransman, Rex, wat op haar elfde verjaarsdag aan haar belowe...
Cover of Klopdans van die liefde
by Elza Rademeyer
Language: Afrikaans
Release Date: July 20, 2013

Wanneer dokter Pennie de Villiers haar Anton in ’n vurige omhelsing met ’n ander vrou betrap, is sy verward en verdwaas. Daarom dat sy nie die aanstormende motor sien totdat dit amper te laat is nie. Die bestuurder is arrogant en verwaand, dink sy. Maar dié man, Pieter Wasserman, is baie aantreklik...
Cover of Haar beste bruidegom
by Dirna Ackermann
Language: Afrikaans
Release Date: December 12, 2013

Annemé het voor De Wet se oë grootgeword. Eens was sy bloot die skattige nuwe buurdogtertjie, veel jonger as hy, maar met die jare het sy gevoelens vir haar verdiep. Nou is Annemé ’n volwasse vrou . . . ’n Volwasse vrou wat wil trou. Haar eie huislike omstandighede – met dikwels afwesige,...
Cover of Beenaf bokkie
by Dirna Ackermann
Language: Afrikaans
Release Date: September 1, 2011

Die bodem val uit Candy Cilliers se wêreld toe haar ouers feitlik oornag álles verloor. Nou is hulle diep in die skuld by haar oom, Fouché Mulder, en sy is die een wat die gelag moet betaal. Letterlik. Hy verwag van haar om vir hom te gaan huishou, êrens in die grammadoelas waar hy sowaar toelaat...
Cover of Stormpad na Vadersrust
by Dirna Ackermann
Language: Afrikaans
Release Date: September 1, 2011

Toe groentjie-joernalis Michaela Beekman agter ’n storie aan gestuur is, het sy nooit kon raai dat sy die storie sou word nie!Haar hele lewe lank het sy die gemis aan ’n pa ervaar, maar dit probeer wegsteek, en nou ontdek sy dat die vrou wat haar grootgemaak het nie haar ma is nie. Dat sy eintlik...
Cover of ʼn Huis vir my hart
by Dirna Ackermann
Language: Afrikaans
Release Date: December 6, 2015

Xanthe Patterson kan nie verstaan waarom haar pa die huis op hul plasie aan ’n vreemdeling, ene Hanko Joubert, sou nalaat nie. Wat gaan sy met die vent onder haar voete maak? Veral aangesien sy mooi hande haar gedagtes laat dwaal . . . Sy kan nie nou bekostig om te dagdroom nie. Haar pa het aan...
Cover of Elza Rademeyer Omnibus 1
by Elza Rademeyer
Language: Afrikaans
Release Date: April 1, 2011

Die eerste omnibus van ’n immergewilde skrywer se werk! In Op arendsvlerke neem Amelda die moeilikste besluit van haar lewe – sy gee toestemming dat die dokters die asemhalingtoestel van haar breindood eggenoot ontkoppel. Hoe kan sy hierna weer voortgaan met haar lewe? In Mallemeule van die liefde...
Cover of Elza Rademeyer Omnibus 8
by Elza Rademeyer
Language: Afrikaans
Release Date: June 6, 2015

In Drome van gister sien Alet Britz uit om saam met vriende in die Richtersveld te kampeer – weg van die stadsrumoer, haar verpleegsuniform en haar sieklike ma. Maar ná skaars ʼn dag is haar vriendin Bets se broer oortuig Alet is die vrou vir hom. Hoe kan sy aan Jan verduidelik dat haar hart steeds...
Cover of Reënboog in die sand
by Dirna Ackermann
Language: Afrikaans
Release Date: November 25, 2014

Sanita het ’n geheim. Twee dekades gelede moes sy ’n baba afgee en ’n jeugliefde daarby. Maar sy’t aanbeweeg, getrou en ’n seun, Hanko, bygekry, en ’n lewe geskep saam met haar man. Hul gastehuis, Waaiwater, is haar lewe ná Markus se dood. Maar nou wil alles inmekaar tuimel: Develcor...
Cover of Duwweltjiepad
by Elza Rademeyer
Language: Afrikaans
Release Date: July 20, 2013

Rudolf Mulder, jongste multimiljoenêr in die Kaap, se lewe bestaan uit sport, meisies en partytjies. Totdat die noodlot sonder genade ingryp. Die prys vir ’n oomblik van hartstog met die wulpse, blonde Julia Saunders in sy voortsnellende motor is bitter duur: Wanneer hy sy bewussyn in die Conradie...
Cover of Tweede kans op liefde
by Elza Rademeyer
Language: Afrikaans
Release Date: February 6, 2018

Mynhard Malan erf die plaas Koppie-alleen by sy vervreemde pa. Terwyl hy tydelik op ’n nabygeleë kleinhoewe tuisgaan, word sy voete letterlik en figuurlik onder hom uitgeslaan deur sy misterieuse buurvrou. Wat beteken die woelinge binne-in hom wanneer hy aan Tessa Verwey dink? ’n Tartende duiwel...
Cover of Elza Rademeyer Omnibus 2
by Elza Rademeyer
Language: Afrikaans
Release Date: April 1, 2011

Die seiljag waarop Louise Webber, haar verloofde en haar beste vriendin na Nieu-Seeland vaar, raak tydens ’n hewige storm onklaar, en die volgende wat Louise weet, is dat sy dodelik siek is en haar tussen ’n spul bebaarde gomtorre op Marion-eiland bevind. Wie ís hulle, en waarom is veral een...
First 32 33 34 35 36 37 3839 40 41 42
We use our own "cookies" and third party cookies to improve services and to see statistical information. By using this website, you agree to our Privacy Policy