Ettie Bierman: 37 books

Book cover of Bruid uit die koue
by Ettie Bierman
Language: Afrikaans
Release Date: September 1, 2011

Die mooie Clio Gericke met haar goue hare en viooltjie-oë was vir Jurg verbode: Sy was sy ouboet Arnold se nooi, en ’n man vat nie sy broer se goed nie. Dit was elf jaar gelede. Nou het Clio teruggekom uit Kanada om by Arnold te kuier, hulle jeugliefde te verseël. Die noodlot gryp egter in toe...
Book cover of Sterre is vir ewig
by Ettie Bierman
Language: Afrikaans
Release Date: December 13, 2011

Dit het alles begin met ’n waterpyp wat die nuwe buurman in sy tuin raakgespit het terwyl Erin besig was om haar hare te kleur. Die gebleikte haardos was ’n ramp en haar eerste ontmoeting met Francois ’n fiasko. Die vlaswit hare kon sy mettertyd aanvaar. Maar die skade wat die verleidelike Bolander...
Book cover of Om ’n reënboog te vang
by Ettie Bierman
Language: Afrikaans
Release Date: August 30, 2014

Jong onderwyseres Kylie is ’n geskeide vrou, nie ’n onskuldige meisietjie nie. So die kaalbas casanova in haar buurvrou se huis behoort haar darem nie só baie te ontstig nie! Maar dan kom dit uit Justin is haar nuwe buurman. A nee a, sy’s veronderstel om ná haar egskeiding ’n mannehater...
Book cover of Satyn Omnibus 5
by Ettie Bierman, Marijke Greeff, Wilmarí Jooste
Language: Afrikaans
Release Date: December 6, 2015

In Bruid uit die koue wou Jurg die mooie Clio Gericke soveel kere in sy arms neem en haar parmantige mond stil soen. Maar Clio met haar goue hare en viooltjieblou oë was vir hom verbode. Sy was sy ouboet Arnold se nooi, en ʼn man vat nie sy broer se goed nie. Nou, elf jaar later, het Clio teruggekom...
Book cover of Bitter bloeisels
by Ettie Bierman
Language: Afrikaans
Release Date: December 15, 2012

Rothea Beukes kan haar man staan as dit moet. Maar sy vind spoedig uit dat sy nie ’n kans staan teen die groot Duitser, Dieter Richter, nie – want sy het nie die geld en die mag van die Richters om teen hulle te kan veg nie. En die prys wat sy gaan verloor? Klein Albie Richter, seun van haar suster...
Book cover of 'n Man vir môre
by Ettie Bierman
Language: Afrikaans
Release Date: February 15, 2014

In ’n Man vir môre betrap Cecilia haar verloofde saam met ’n ander lugwaardin in sy hotelkamer. Sy bedank by Jakaranda-lugdiens en neem haar voor om nooit weer ’n man te vertrou nie. ’n Pos as skakelbeampte by die vyfsterhotel Mlala Lodge lyk na ’n droom wat kan waar word – so ook Melt Meiring, haar nuwe baas met die goue oë.
Book cover of Die snip van Sesdorings
by Ettie Bierman
Language: Afrikaans
Release Date: November 19, 2014

Toe ʼn beeldskone rooikopmeisie met die uiters onvroulike naam van Hennie Vermaak, wat sy saam met ʼn stowwerige plaasbiblioteek van haar oupa geërf het, op Sesdorings aankom om besit van haar erfenis te neem, begin die vonke behoorlik spat. Voor haar koms het sy immers geweet van die vete tussen...
Book cover of Rooikop te koop
by Ettie Bierman
Language: Afrikaans
Release Date: February 28, 2014

Die rooikop-kunstenares Jennie Botha se lewe verander eensklaps toe sy haar ouers in ’n motorongeluk verloor. Skielik bly sy alleen agter in die imposante grasdakhuis op ’n kleinhoewe saam met haar drie blinkoog-bulterriërs, hanslam, katte, hoenders, ganse en eende. Haar vriend Thys, ’n belowende...
Book cover of 'n Reënboog vir Aralie
by Ettie Bierman
Language: Afrikaans
Release Date: September 1, 2011

Wanneer Aralie se eksman, Niel, haar smeek om in sy plek as veearts op ’n wildplaas in Namibië te gaan waarneem, stem sy teësinnig in. Want na haar egskeiding het Aralie dringend geld nodig. Maar op Belelapa is dinge beslis nie wat sy verwag het nie. Daar is geen fasiliteite nie aangesien alles...
Book cover of Wanneer 'n droom waar word
by Ettie Bierman
Language: Afrikaans
Release Date: September 1, 2011

Carmia Basson moet noodgedwonge bedank as junior verslaggewer en word spoedig aangestel as assistent van die bekende skrywer Margo Vermeulen. Margo het dringend iemand nodig wat sal inwoon by haar en haar kleinseun op Skamanga, hul spoglandgoed aan die KwaZulu-Natalse kus. Dit klink idillies, maar...
Book cover of Die paradysman
by Ettie Bierman
Language: Afrikaans
Release Date: September 1, 2011

Met sterre in haar oë en romantiese drome in haar hart het Tinka van der Bijl drie jaar gelede na Parys vertrek. Nou is sy terug in Pretoria, ontnugter, sonder blyplek en met slegs die droom van haar eie boekwinkel om haar aan die gang te hou.  Haar seepbel het gebars en boonop het sy, net voor...
Book cover of Rabbedoe en rissiepit
by Ettie Bierman
Language: Afrikaans
Release Date: November 19, 2014

Sy is al een-en-twintig jaar oud en as sy besluit sy wil motorwerktuigkundige word, moet haar ouers maar verlief neem. Nell se reis na haar nuwe werk is vol wederwaardighede, maar sy leer nie maklik nie. ʼn Rissiepit, sy, maar ook hardekop! Gedurende daardie veelbewoë rit ontmoet sy iemand wat ʼn...
Book cover of Daar kom 'n tyd
by Ettie Bierman
Language: Afrikaans
Release Date: December 15, 2012

Dit was ’n toevallige en uiters onromantiese ontmoeting: hy het by ’n verkeerslig van agter in haar motor vasgery. Maar Wynand Meiring was ’n besonderse man en kort daarna was Marinda met hom getroud. Op pad huis toe na die Bosbok-Motel waarvan hy mede-eienaar is, gryp die noodlot egter in en...
Book cover of Kaptein Casanova
by Ettie Bierman
Language: Afrikaans
Release Date: December 15, 2012

Kaptein De Villiers het ’n oog vir ’n mooi nooi, veral as dit ’n junior lugwaardinnetjie is. Tot Janine, die hoofwaardin, se spyt is daar talle junior waardinne. Maar Janine laat haar nie maklik onderkry nie – sy laat almal baie goed verstaan dat sy en die kaptein verloof is en hy dus verbode...
1 23
We use our own "cookies" and third party cookies to improve services and to see statistical information. By using this website, you agree to our Privacy Policy