Ena: 115 books

Book cover of Die tonnel
by Ena Murray
Language: Afrikaans
Release Date: July 20, 2013

Tot dusver het die lewe nog geen droomsterre vir die sensitiewe Ilse Rademeyer laat verskiet nie. Sy is op eenjarige ouderdom verlam weens ’n motorongeluk waarin haar ma sterf. Haar pa is ’n briljante wetenskaplike wat in sy eie afgeslote wêreld leef, en haar stiefbroer, Mynhardt, is ’n losbol...
Book cover of Regters oor gister
by Ena Murray
Language: Afrikaans
Release Date: October 6, 2015

In Regters oor gister haal die verlede vir Mignon Preller in – ’n verlede waaraan sy heeltemal onskuldig is . . . Mignon is ’n gelukkige, sorgvrye student uit ’n stabiele ouerhuis. Wanneer sy hoor dat haar beste vriendin ’n aangenome kind is, ontstel dit haar diep – té diep, want só...
Book cover of Reënboog van koraal
by Ena Murray
Language: Afrikaans
Release Date: June 30, 2014

In Reënboog van koraal sou Estelle nooit kon droom dat, toe sy in die dartelende Crystelle se plek na Inhaca moes vlieg om die kastaiings vir haar identiese tweelingsuster uit die vuur te gaan krap, dié paradys ook ’n slang het nie.
Book cover of Die dieper droom
by Ena Murray
Language: Afrikaans
Release Date: November 26, 2012

Toe Midas Hammond, die geldkoning van die dobbelstad Babel, deur ’n hartaanval platgeslaan word, besef hy dat sy lewe bitter arm is aan liefde. So eensaam voel hy, dat hy ’n landwye soektog loods na die kinders uit sy jeughuwelik – kinders wat hy skaars kan onthou, maar wat hy nou met ’n allesverterende...
Book cover of Bruid uit die vreemde
by Ena Murray
Language: Afrikaans
Release Date: November 26, 2012

"Toe die jong Franse edelvrou Jacqueline de Savoye ’n brief van haar tweelingbroer uit die Verre Kaap de Goede Hoop ontvang, is sy oorstelp van vreugde. Sedert sy verdwyning twee jaar tevore het sy begin glo dat hy dalk ook, soos haar pa, deur die gevreesde Estienne de Savoye vermoor is. Sy...
Book cover of Die dae van ons nietigheid
by Ena Murray
Language: Afrikaans
Release Date: February 28, 2014

Die probleem met Lizl Landman is dat sy briljant is. Beeldskoon, blond, ’n gekurfde droom . . . Maar te professioneel perfek vir Willem Claassen se ego. Die twee top mediese studente is in ewige kompetisie. En die liefde hou nie van kompetisie nie. Lizl weier om haar toekomsdrome as dokter te verpand...
Book cover of Die uurglas loop leeg
by Ena Murray
Language: Afrikaans
Release Date: February 28, 2014

Karien Saayman, wie se lewe altyd so op koers was, se kompas is aan’t wankel. Die hospitaal waar sy verpleegsuster is, se Don Juan, dr. Arnold Lutz, het sy oog op haar en sy weet nie hoe om sy onwelkome attensies die hoof te bied nie. Selfs die feit dat sy met Hannes Eksteen, vooruitstrewende boer...
Book cover of Môre lê ver
by Ena Murray
Language: Afrikaans
Release Date: December 15, 2012

Die verwende rykmansdogter Tania Erasmus se gemaksugtige bestaan word op sy kop gekeer toe ’n vreemdeling onverwags by haar verlowingspartytjie opdaag. Teen haar wil en sin word sy ’n baie belangrike lewensles geleer: dat ryk nie gelyk is aan beter nie. En dié les leer sy by Rocco Roux, haar...
Book cover of Plekkie in die son
by Ena Murray
Language: Afrikaans
Release Date: December 30, 2013

’n Plekkie in die son, dis al wat Karen Viljoen vra. Maar die pragtige donkerkop is melaats verklaar … Dié oordeel dryf haar uit haar huis, haar droomhuwelik met Otto, haar baba – tot in Genadendal, inrigting vir melaatses. Kan Otto se liefde dié vuurproef deurstaan? Daar is Beatrice, en die...
Book cover of Sê groete vir pappa
by Ena Murray
Language: Afrikaans
Release Date: December 3, 2012

Nadat Reino Vos se vrou, Chrisma, hom so onverwags tydens ’n sinodesitting verlaat het, bedank hy as predikant; word hy doodgewoon meneer Vos – hoof van die Sonopkinderhuis. Dit is in dié hoedanigheid dat hy weer kontak maak met Rita Venter, gewese vrou van Flip, die man saam met wie sy Chrisma...
Book cover of Wag-'n-bietjiebos van die liefde
by Ena Murray
Language: Afrikaans
Release Date: July 20, 2013

’n Nuwe geval in Keerboomstraat, H.A. van der Merwe, keer Lisbe Erwee se geordende bestaan as maatskaplike werker omver. Hoekom groef daar soveel harde, bitter lyne op die man se gesig? Hoekom moes ’n jong ma sterf en tweelingseuntjies wees agterlaat? Die wag-’n-bietjiebos by die voorhekkie...
Book cover of Satan van Zimbabwe
by Ena Murray
Language: Afrikaans
Release Date: April 20, 2014

In Satan van Zimbabwe begin die intrige met ’n koerantberig oor ’n bloedlose lyk met erg verswakte organe. Kan dit die volmaakte moord wees, of is daar bonatuurlike kragte ter sprake?
Book cover of En die klippe sal uitroep
by Ena Murray
Language: Afrikaans
Release Date: July 20, 2013

Emile de Jongh, kroonprins en hartebreker van die modelplaas La Rhône, is op dertig ’n gesogte vangs onder die skoner geslag. Maar in Miempie Rust, die nuwe verpleegsuster vir die distrik, loop hy egter sy rieme styf. Want Miempie is nie beïndruk met Emile se sjarme nie. Sy verlang eerder na reg...
Book cover of Die despoot van Duiwelskloof
by Ena Murray
Language: Afrikaans
Release Date: October 6, 2015

In Die despoot van Duiwelskloof ontvlug Marista Minnaar haar ongelukkige verlede as mannekyn deur vir die broers Michael en Johan de Beer te gaan huishou. Michael is ’n moeilike man, maar sy broer, vasgekluister aan ’n rolstoel, word Marista se bondgenoot en vertroueling.
1 2 3 4 5 6 78 9
We use our own "cookies" and third party cookies to improve services and to see statistical information. By using this website, you agree to our Privacy Policy