Annelize Morgan: 22 books

Book cover of Geliefde banneling
by Annelize Morgan
Language: Afrikaans
Release Date: July 20, 2013

Vir Theresa Verhoef, die vaal dogter van Barnard Verhoef vir wie hy geen liefde het nie, lyk die toekoms baie duister. As deel van ’n saketransaksie moet sy met die losbol-buurman Sias Beneke trou, en sy het haar pa se wense nog altyd gehoorsaam. Maar wat moet sy doen as sy die buurman verfoei?...
Book cover of Die einde van die reënboog
by Annelize Morgan
Language: Afrikaans
Release Date: July 6, 2015

In Die einde van die reënboog kom Colette en haar oupa in die Kaap aan nadat hulle gedwing was om Frankryk te verlaat. Hulle kry werk by die Goue Kat: Colette as kelnerin en oupatjie Jerome as groenteskiller. Colette raak verlief op ʼn edelman wat die herberg besoek, maar sy mors konjak op hom en word afgedank. Dis egter die begin van ʼn nuwe lewe vol avontuur en liefde…
Book cover of Slavin van La Liberté
by Annelize Morgan
Language: Afrikaans
Release Date: July 20, 2013

Toe Leia as jong skipbreukeling aan die ooskus van Afrika uitspoel, het Tembisa, ’n inboorlingvrou, haar gevind en grootgemaak. Net voor Tembisa se dood het sy vir Leia ’n kosbare goue hangertjie met ’n vreemde embleem daarop gegee. Dit was om haar nek toe sy gevind is. “Jy moet die pad loop...
Book cover of Spoelgoud
by Annelize Morgan
Language: Afrikaans
Release Date: June 30, 2014

In Spoelgoud verhuis Beth in die vroeë 1870’s na Pelgrimsrus. Hier ervaar sy eerstehands die onsekere geluk en beproewings van ’n delwersgemeenskap – armoede en harde werk is haar voorland, maar dit ís ’n nuwe begin . . .
Book cover of Skat van onheil
by Annelize Morgan
Language: Afrikaans
Release Date: July 6, 2015

In Skat van onheil land die Franse edelmeisie Véronique aan die Kaap om haar aan te sluit by haar vader, die graaf van Sévigné. Hy en die familie-juwele het egter spoorloos verdwyn. ʼn Spaanse seekaptein, Don Diego Fernandez, help haar om na haar vader te soek.
Book cover of Goue horisonne
by Annelize Morgan
Language: Afrikaans
Release Date: July 6, 2015

In Goue horisonne probeer Gert Bezuidenhout om ná sy broer se dood Langlaagte teen ʼn belaglike prys by sy skoonsuster Hendrieka te koop. Boonop word goud op die plaas ontdek. En na die besoek van Christiaan van den Heever voel dit vir Carolien, Hendrieka se mooi dogter, asof haar lewe nooit weer dieselfde gaan wees nie.
Book cover of Somer van die rooi robyn
by Annelize Morgan
Language: Afrikaans
Release Date: June 30, 2014

In Somer van die rooi robyn reis Nicole na die Kaap om daar by haar ouers aan te sluit. Haar avonture sluit in storms ter see, seerowers en ’n silwer robynhalssnoer wat ’n vloek dra. En dit is maar nog net die begin . . .
Book cover of Melodie Omnibus 3
by Malene Breytenbach, Elsa Hamersma, Annelize Morgan
Language: Afrikaans
Release Date: September 6, 2018

Wanneer die jong professor Kira Trollip se buurvrou, Monique Brand, vermoor word, keer haar hele lewe onderstebo in Tot die dood ons skei. Want Kira was nog altyd verlief op Reinhard, Monique se man. En op Stellenbosch was dit geen geheim nie. Skielik is almal wantrouig en selfs Kira begin wonder...
1 2
We use our own "cookies" and third party cookies to improve services and to see statistical information. By using this website, you agree to our Privacy Policy