Tafelberg: 581 books

Cover of Satyn Omnibus 3
by Ettie Bierman, Alexa Slabbert, Helena Hugo
Language: Afrikaans
Release Date: October 30, 2013

In Ettie Bierman se ’n Man vir môre betrap Cecilia haar verloofde saam met ’n ander lugwaardin in sy hotelkamer. Sy bedank by Jakaranda-lugdiens en neem haar voor om nooit weer ’n man te vertrou nie. ’n Pos as skakelbeampte by die vyfsterhotel Mlala Lodge lyk na ’n droom wat kan waar word...
Cover of Satyn Omnibus 2
by Helena Hugo, Ettie Bierman, Anita du Preez
Language: Afrikaans
Release Date: December 6, 2012

"In Helena Hugo se Soete verleiding koop Sharise ’n teekamer net buite Worcester. Een van die besoekers daar is haar jeugliefde Jacques, pas terug van oorsee, Sharise is egter seker daarvan dat hy nie meer in haar belangstel nie – sy was immers intussen getroud, en hy is in ’n verhouding...
Cover of Annelize Morgan Omnibus 4
by Annelize Morgan
Language: Afrikaans
Release Date: June 1, 2013

Slavin van La Liberté Toe Leia as jong skipbreukeling aan die ooskus van Afrika uitspoel, het Tembisa, ’n inboorlingvrou, haar gevind en grootgemaak. Net voor Tembisa se dood het sy vir Leia ’n kosbare goue hangertjie met ’n vreemde embleem daarop gegee. Dit was om haar nek toe sy gevind is....
Cover of Hermien en die hartedief
by Anita du Preez
Language: Afrikaans
Release Date: September 1, 2013

Hermien en Jamie is nét vriende. As studente was hulle woonstelmaats, en ja, jare gelede was daar daardie enkele insident . . . Maar wanneer Jamie al wéér in haar woonstel kom asiel soek nadat hy die soveelste keer van ’n vrou weggehardloop het, is Hermien baie seker sy soek hom nie naby haar...
Cover of Liefde in laslap
by Elsa Winckler
Language: Afrikaans
Release Date: March 22, 2015

Natalie Olivier het geen familie van haar eie nie, maar by haar vriendin Amelie se mense voel sy tuis. Totdat Amelie se swaer van Italië terugkeer. Neethling Meyer se sjokoladebruin oë onthuts Natalie heeltemal. En toe hy haar boonop soen, wil haar hart net nie meer normaal klop nie. Maar Neethling...
Cover of Sarah du Pisanie Omnibus 6
by Sarah du Pisanie
Language: Afrikaans
Release Date: December 6, 2012

"In Liefste Koos bevind Elsa Fourie haarself stoksielalleen op die houtkaai op Swakopmund. Kurt, haar verloofde, het beloof om haar op die hawe te ontmoet, maar hy het soos mis voor die son verdwyn. Uiteindelik besluit sy om sy spoor te volg na Otjimbingwe in die binneland. Maar eers moet sy...
Cover of Ena Murray Omnibus 35
by Ena Murray
Language: Afrikaans
Release Date: September 20, 2012

In Die vrou in die spieël word die hoofkarakter een oggend wakker . . . en ontdek dat sy niks kan onthou nie, nie eens haar eie naam nie. En toe ’n lang, aantreklike man skielik die kamer binnestap, noem hy haar Ansie, ’n naam wat sy in haar diepste wese wéét nie hare is nie!In Die oujongnooi...
Cover of Ena Murray Omnibus 27
by Ena Murray
Language: Afrikaans
Release Date: September 1, 2011

’n Heerlike verrassing – vier omnibusverhale in plaas van drie!So leeg die moederhart is die aangrypende verhaal van Heilna Serfontein se meedoënlose soektog na haar seun . . . en as vrou ontdek sy boonop vir die eerste keer wat ware liefde is.Op pad na Kanaän is ’n diep geestelike verhaal...
Cover of Ena Murray Omnibus 36
by Ena Murray
Language: Afrikaans
Release Date: December 6, 2012

"In Oase van geluk staan Isolde en haar jonger suster, Martina, bekend as die dorp se twee aantreklike oujongnooiens. Wanneer Martina troukoors kry, is dit seker net normaal dat Isolde sal begin smag na romanse en die klank van huweliksklokkies. In Wanneer die nuwe dag breek weet die jong Elfie...
Cover of Ena Murray Omnibus 33
by Ena Murray
Language: Afrikaans
Release Date: April 20, 2012

Ena Murray se “Paradys-sage” is ’n familieverhaal wat oor vier geslagte strek en enige hedendaagse TV-sepie die loef afsteek wat betref rykheid aan intrige. Die verhale in hierdie omnibus is Die dieper droom, Huise van klei, Soekers na die son en Terug na Eden. Die gemene deler in al vier heerlike verhale is die Karooplaas genaamd Paradys.
Cover of Wilna Adriaanse-omnibus 1
by Wilna Adriaanse
Language: Afrikaans
Release Date: September 1, 2011

In ’n Ongewone belegging besluit Georgina Walters om kinderoppasser te speel vir ’n baie welgestelde man se drie spruite. Net jammer die man – donker, met rookgrys oë wat haar laat stotter – dink nie sy’s opgewasse vir die taak nie. Of speel hy doelbewus kat en muis met haar? In Alleenvlug...
Cover of Sarah du Pisanie Omnibus 7
by Sarah Du Pisanie
Language: Afrikaans
Release Date: April 5, 2013

My hartjie, my liefie: Toe Alet Fourie vroegoggend by Walvisbaai se treinstasie afklim, kan sy haar teleurstelling skaars verberg. Wat het haar besiel om ’n onderwyspos op so ’n afgeleë dorpie te aanvaar? Boonop het die skoolhoof, mnr. Erlank, skynbaar ’n veel ouer dame verwag. As dit nie vir...
Cover of Wilna Adriaanse-omnibus 2
by Wilna Adriaanse
Language: Afrikaans
Release Date: September 1, 2011

In ’n Heildronk op die liefde keer Nicolene terug uit Londen, en ontmoet weer haar jeugvriend Jacques. Hy het nog altyd maklik verveeld geraak met sy meisies en kort voor lank nuwe weivelde gaan soek; daarom wou Nicolene nog nooit ’n verhouding met hom aanknoop nie. Maar toe hy haar een aand onverwags...
Cover of Sarah du Pisanie Omnibus 9
by Sarah du Pisanie
Language: Afrikaans
Release Date: April 1, 2014

Katrientjie is ’n opwindende verhaal van ’n jong meisie wat vrou-alleen haar oupa se beeste aanjaag Windhoek toe en deur ’n bende rowers ontvoer word. Daar is vuurvonke en romanse in Die baron van Rauenshof wanneer die weduwee Maria van Rouenstein siek raak en haar drie dogters by haar vervreemde...
First 12 13 14 15 16 17 1819 20 21 22 23 24 Last
We use our own "cookies" and third party cookies to improve services and to see statistical information. By using this website, you agree to our Privacy Policy