Lapa Uitgewers: 468 books

Cover of Immer wes
by Irma Joubert
Language: English
Release Date: January 10, 2015

Hildegard, 'n Oos-Pruisiese adellike dogtertjie, beleef die Eerste en Tweede Wereldoorlog en die bloedigheid, die hongersnood en vlugtogte daartydens. Liefdeloosheid en onpersoonlikheid was haar deel. Maar daar was iemand, lank terug, 'n Duitswester.
Cover of Mentje - Kind van die Pas-Opkamp
by Irma Joubert
Language: English
Release Date: December 15, 2009

sy is so verskriklik eensaam. so verskriklik bang. haar hart is verskriklik stukkend. mentje, 'n nederlandse oorlogswesie, beleef die tweede wereldoorlog in al sy genadeloosheid in 'n geheime kamp. terselfdertyd sluit 'n suid-afrikaner by die britse leer aan. mentje red sy lewe by die slag van arnhem.
Cover of Ou bloed
by Peet Venter
Language: English
Release Date: January 6, 2013

Thys Krige is al vyftien jaar op die spoor van sy pa se moordenaar. Keer op keer bevind hy hom in 'n doodloopstraat. Krige het in sy soektog 'n vennoot waarvan hy nooit geweet het nie en hierdie mens glo nie net in bloedige en grusame geregtigheid nie, hy gee uitvoering daaraan. Venter lei die leser...
Cover of Geur van vergifnis
by Alta Cloete
Language: English
Release Date: January 10, 2011

Dit is 'n onwaarskynlike romanse: 'n hardkoppige man in 'n rolstoel en 'n ewe hardkoppige vrou wat hou by haar blokkieshemde en denims. Die pad is lank voor hulle tuiskom en ja kan se vir die toekoms.
Cover of Prooi
by Fanie Viljoen
Language: English
Release Date: January 5, 2015

Cody en Owen ken mekaar nie, maar al twee word voortgedryf deur 'n donker krag van sy eie. Tot Lauren hulle paaie laat kruis en sy hulle gemeenskaplike obsessie word. Dit kan net rampspoedig eindig.
Cover of La di da, Lulu
by Fanie Viljoen
Language: English
Release Date: December 15, 2009

die skoolhoof vra lulu om nuwe uniforms vir die trompoppies te ontwerp. iets asemrowends! iets la-di-da waarmee hulle by die skool se verjaardagfees gaan optree. maar ongelukkig is daar 'n vreeslike misverstand - en lulu verbrou haar enigste kans om die uniforms te ontwerp. wie gaan nou gekies word om die uniforms te ontwerp?
Cover of Viskos
by Jaco Jacobs
Language: English
Release Date: January 5, 2016

Wat sal jy doen as 'n boelie jou goudvis in die skool se toilet afspoel? Dit is presies wat met Dennis gebeur. Gelukkig kry hy sy goudvis terug. Maar daar wag 'n GROOT skok op die hele skool toe Dennis se goudvis begin groei en groei en GROEI!
Cover of Vierkant van die wraak
by Pieter Aspe
Language: English
Release Date: January 9, 2012

Ludovic Degroof, een van die magtigste en rykste mense van Brugge, se posisie kom in gevaar wanneer daar ingebreek word by die juwelierswinkel van sy seun Ghislain. Die inbrekers laat 'n raaiselagtige handtekening agter: 'n Latynse spreuk uit die Middeleeue wat bekendstaan as &quote;die vierkant van die tempelridders&quote;.
Cover of Die Midasmoorde
by Pieter Aspe
Language: English
Release Date: January 9, 2012

Daar heers paniek en chaos in die toeristestad Brugge wanneer dit deur 'n reeks skynbaar losstaande misdade geteister word. Dit word 'n uiters moeilike opdrag vir kommissaris Pieter van In wat in hierdie warboel van misdade na die motiewe en oortreders moet soek.
Cover of Die kinders van Chronos
by Pieter Aspe
Language: English
Release Date: January 2, 2013

Van In is terug! Hierdie keer het hy net A skeenbeen en sy intuisie om die donker raaisel mee op te los, maar hy moet gou speel. Dis nie net sy loopbaan wat op die spel is nie, A mooi jong meisie is deur sy toedoen in die booswigte se mag.
Cover of Velaphi the penguin
by Elmarie Botes
Language: English
Release Date: March 20, 2013

Velaphi and thousands of other penguins are oiled during an oil spill at sea. Are they going to be saved or are they going to die of hunger or thirst, or even drown?
Cover of Kwart voor 'n bloedbad
by De Wet Potgieter
Language: English
Release Date: January 11, 2012

&quote;Is this the beginning of bloodshed, or the end?&quote; So het Pretoria News berig oor die dramatiese gebeure op Vrydag 11 Maart 1994. Die chaos wat daardie dag in Mmabatho losgebars het, het skokgolwe deur die wereld gestuur.
Cover of Raaiselspieel
by Chanette Paul
Language: English
Release Date: January 3, 2014

Frieda se heldersiendheid is 'n gawe wat haar pyn besorg. Te meer toe haar pa uit die dood met haar oor sy biografie praat. Maar so kom die man van haar hart haar pad langs.
Cover of Driehoek
by Sophia Kapp
Language: English
Release Date: January 9, 2013

Tien jaar nadat sy Potch se vervelige stof van haar voete afgeskud het, is Tessa terug. Maar sy is stukkend en moet van voor af probeer sin maak uit die lewe. Hoekom moet dit juis die onvergewensgesinde professor in Teologie wees wat haar hart laat roer?
1 23 4 5 6 7 8 Last
We use our own "cookies" and third party cookies to improve services and to see statistical information. By using this website, you agree to our Privacy Policy