Susanna M Lingua: 20 books

Book cover of Son op die horison
by Susanna M. Lingua
Language: Afrikaans
Release Date: November 26, 2012

Sy lippe eis hare op in ’n soen wat haar hoog op die wolke deur die lug laat sweef. Verena gee haar volkome oor aan die oomblik. Maar die wete dat sy nooit weer sy stem sal hoor nie, ruk soos ’n tornado aan haar hart. As sy tog maar net weer kan sien . . . Want ’n man kan die stem van ’n engel...
Book cover of Skemeruur
by Susanna M. Lingua
Language: Afrikaans
Release Date: April 20, 2014

Skemeruur, waarin Lynne Steenberg albei haar ouers in ’n motorongeluk verloor, en boonop daarna uitvind dat sy ’n aangenome kind is. En so begin haar soektog na haar regte moeder . . . én ware liefde.
Book cover of Die groot legkaart
by Susanna M. Lingua
Language: Afrikaans
Release Date: April 20, 2014

Die groot legkaart, waarin Tina Eksteen se kortstondige maar idillies gelukkige huwelik beëindig word en sy boonop van haar pasgebore seuntjie beroof word. Maar net toe dit lyk of die noodlot haar opnuut wil teister, begin die stukkies van die legkaart uiteindelik pas . . .
Book cover of Die goue vlinder
by Susanna M. Lingua
Language: Afrikaans
Release Date: November 26, 2012

Ramiro de Gouveia, trotse miljoenêr-hertog, is vasbeslote om die wilde Janet Hartman te tem. Maar dié goue vlinder is allermins van plan om haar te laat vang en toespin in ’n kokon van adellike Portugese tradisies. Op die tropiese Mosambiekse paradys Espiño raak hartstog egter ’n vlam wat ’n vlinder se vlerkies kan skroei . . .
Book cover of Winde van herinnering
by Susanna M. Lingua
Language: Afrikaans
Release Date: April 20, 2014

Winde van herinnering, waarin Thea Strassheim tydens haar gedwonge verblyf op die landgoed Hamilton Estate moet besluit: sal sy haar lewe op die altaar lê in ruil vir kortstondige geluk saam met die man wat sy meer as haar eie lewe bemin?
Book cover of Die bruid van Blouberg
by Susanna M. Lingua
Language: Afrikaans
Release Date: April 5, 2013

Die bruid van Blouberg: Die Branks van Blouberg laat nie met hulle speel nie, en Lecia Brank, mede-erfgenaam van die spogplaas Blouberg, is geen uitsondering nie. Maar vanuit sy graf trek oom Isak Brank nog vir oulaas ’n paar toutjies toe hy in sy testament bepaal dat Lecia sekere voorwaardes moet...
1 2
We use our own "cookies" and third party cookies to improve services and to see statistical information. By using this website, you agree to our Privacy Policy