Rika Du Plessis: 18 books

Book cover of Struikel oor liefde
by Rika du Plessis
Language: English
Release Date: January 6, 2015

'n Verwerpte filmster vlug na haar erfplaas in Suid-Afrika. Daar vind sy 'n aantreklike vreemdeling wat kan bewys hy het die reg om die plaas vir vyf jaar te huur. Sy teenwoordigheid laat haar hart vinniger klop - hoe nou gemaak?
Book cover of Dans van liefde
by Rika du Plessis
Language: English
Release Date: January 9, 2013

Marina se werk by Lusoord is die verwesenliking van 'n droom ... tot sy uitvind die plek behoort aan Kobus Verwey en sy familie. Sy word verplig om 'n geheim uit die verlede op die lappe te bring voordat sy haar regmatige plek in Kobus se hart kan inneem.
Book cover of Beproefde geluk
by Rika du Plessis
Language: English
Release Date: January 2, 2012

Sonita moet voorgee sy en haar eksverloofde is herenig omdat hy andersins gaan praat oor 'n geheim in haar lewe. Sy sou kon, as dit net nie vir sy aantreklike en sagsinnige neef was nie ...
Book cover of Kasteelbruid
by Rika du Plessis
Language: English
Release Date: January 5, 2013

Tanja Vermeer het Suid-Afrika toe gekom om 'n vreemdeling se vrou te word weens onoorkombare probleme. Die man wat haar op die lughawe kom haal, is egter allesbehalwe wat sy verwag het.
Book cover of Tropiese liefde
by Rika du Plessis
Language: English
Release Date: January 4, 2014

Linda se nuwe plaasbestuurder is toe nie die vreemdeling waarvoor sy hom aangesien het nie. Hy dra kennis van haar verlede en hy hou dit teen haar, al verloor sy haar hart op hom.
Book cover of Liefde agter sluiers
by Rika du Plessis
Language: English
Release Date: January 1, 2015

Annico gaan werk as veearts op die ryk Christo Burger se plaas teen die sin van haar snobistiese ma. Sy geniet die werk baie, maar daar is onderstrominge tussen haar en Christo wat haar baie omkrap.
Book cover of Eindelose liefde
by Rika du Plessis
Language: English
Release Date: January 10, 2015

Janine moet 'n antieke kissie vir haar pa gaan haal op 'n plaas waar hy voorheen gewerk het. Alles verloop vlot tot sy genoodsaak word om die kissie te steel en dan met die weerbarstige Cor te doen kry ...
Book cover of Kolkende emosies
by Rika du Plessis
Language: English
Release Date: January 5, 2012

Walda brand steeds 'n kersie vir haar eksverloofde maar sy weet nie eens waar om hom op te spoor nie. Toe sy hom onverwags raakloop, herken hy haar nie. Vermakerigheid? Of herken hy haar werklik nie ...?
Book cover of Moedswillige vreemdeling
by Rika du Plessis
Language: English
Release Date: January 4, 2016

Christa Burger en dokter Derek Havenga is haaks vanaf die eerste oomblik wat hulle ontmoet. Maar die moeilike dokter is haar vennoot in die vakansieoordwoonstelle op Lambertsbaai. Stadig baan wrewel die weg vir liefde, totdat Derek se eksverloofde weer haar opwagting maak.
Book cover of Kayla se erfenis
by Rika du Plessis
Language: English
Release Date: January 10, 2011

Kayla erf 'n Bosveldplaas, mits sy trou voor sy vier en twintig is. Maar die enigste man wat haar erfenis kan red, het haar lank gelede 'n onreg aangedoen. En hier kom hy nou haar hart vermurwe ...
Book cover of Die ring
by Rika du Plessis
Language: English
Release Date: January 8, 2014

Bianca vlug op haar troudag, en kruip weg op 'n vreemdeling se plaas wat vir haar werk aanbied. Hulle stamp koppe, en hy stoot haar telkens weg. Tot die dag van haar ongeluk ...
Book cover of Jaarringe van liefde
by Rika du Plessis
Language: English
Release Date: January 4, 2014

Sandra dag nog sy huur net twee vertrekke, toe's sy verloof. Roelf Botha boelie haar behoorlik, dreig haar af. Sy veg teen sy arrogansie, maar haar lyf en haar hart werk nie saam nie. Nog minder die natuur.
Book cover of Liefde in letters
by Rika du Plessis
Language: English
Release Date: January 15, 2018

jennifer se hart mis 'n slag. waldo, die man wat sy nooit kon vergeet nie, staan weer voor haar. maar hulle kry nie 'n tweede kans nie, want hy onthou haar nie ... en is verloof. tog laat ou liefde hom nie so maklik afskud nie.
Book cover of Kristel se bosbewoner
by Rika du Plessis
Language: English
Release Date: January 3, 2017

Die laaste ding wat Kristel verwag toe sy op haar plaas instap, is Zac aE ' moeilik, aantreklik en volgens hom die eienaar van Groen Eike. Noodgedwonge moet hulle tydelik saamwoon, maar hulle is dadelik haaks of is dit eerder liefde met die eerste oogopslag?
12
We use our own "cookies" and third party cookies to improve services and to see statistical information. By using this website, you agree to our Privacy Policy