Ena: 115 books

Book cover of 'n Bruid vir Graaf Debussy
by Ena Murray
Language: Afrikaans
Release Date: September 30, 2014

Jean-Paul Debussy is al dertig, die ouderdom waarop ’n Franse edelman veronderstel is om te trou en besadig te raak. Hy moet binne ’n maand ’n aanvaarbare bruid vind, anders word hy onterf. Hy kom dan ook sy bruid, Simone, op ’n stormnag in ’n herberg teë. ’n Misverstand dryf hulle egter uiteen . . . maar Simone besluit om haar man terug te wen.
Book cover of Soekers na die son
by Ena Murray
Language: Afrikaans
Release Date: November 26, 2012

Toe ou Nols Retief, die patriarg van Paradys, op rype ouderdom sterf, is almal hartseer maar geensins verbaas nie, want hy het ’n vol en regverdige lewe agter die rug – daarvan kan sy seuns Helgard en Arnold, en sy skoondogters Elise en Rita en ook hulle kinders getuig. Maar op die dag dat sy...
Book cover of Paspoort na gevaar
by Ena Murray
Language: Afrikaans
Release Date: September 30, 2014

Die vurige Nicolette de Lille vlug na die Kaap van die Goeie Hoop, want sy sien nie kans om met ’n Franse laventelhaan te trou nie. Maar ’n soortgelyke dilemma wag hier op haar . . .
Book cover of Oase van geluk
by Ena Murray
Language: Afrikaans
Release Date: December 15, 2012

Om saam met jou jonger suster bekend te staan as die dorp se twee aantreklike oujongnooiens, is miskien nie so sleg nie. Maar as jou sus skielik halsoorkop verlief raak en trou, is dit seker net normaal dat mens self ook begin smag na romanse en die klank van huweliksklokkies. Soos haar sus Martina,...
Book cover of Tahiti, verre land
by Ena Murray
Language: Afrikaans
Release Date: June 30, 2014

In Tahiti, verre land vaar Weda Henkel as verpleegster saam met die toekomstige bruid van Louis de Bougainville op ’n luukse-passasiersboot na Tahiti – maar die liefde het vreemde weë . . .
Book cover of Vyf vir vreugde
by Ena Murray
Language: Afrikaans
Release Date: November 19, 2014

Doktor Louwda Louw, kindersielkundige, moet tot haar eie verbasing vind dat sy instemmend antwoord op ʼn onverwagse huweliksaanbod van Ruben Brynard, ʼn verbitterde prokureur. Op die oog af skort daar niks, maar wanneer Louwda ná die troue by Ruben se huis opdaag, wag daar ’n erge verrassing op...
Book cover of Die kluisenaar van Abendruhe
by Ena Murray
Language: Afrikaans
Release Date: March 29, 2015

Thero van Zyl, die beeldskone sosiale vlinder met ʼn geheimsinnige kwaal, moet teen wil en dank die pad vat in haar rooi sportmotor na die eksentrieke kluisenaarsdokter Emile Fraser se hospitaal in die Drakensberge. Abendruhe word vir Thero nog ʼn speelveld om in rond te dartel en van haar hart weg te vlug, maar Emile duld nie speletjies nie…
Book cover of Keerkring van die hart
by Ena Murray
Language: Afrikaans
Release Date: July 20, 2013

Faan Dempers neem ou dronk Joop Burger van die onderdorp se seun in diens as prokureursklerk. Hoe sou hy ooit kon raai dat Kasper nog eendag sý redder sou word – meer nog, sy ydele dogter, Liesel, s’n? Kasper kan nie dink aan ’n tyd in sy lewe wat hy nie ’n vergeefse droom oor die hooghartige...
Book cover of Rabbedoe van Rietkuil
by Ena Murray
Language: Afrikaans
Release Date: April 1, 2012

In Rabbedoe van Rietkuil kan die baas van die plaas, Wynand, hom nie verweer teen sy rabbedoe-“plaasvoorvrou”, Nicolette, se betowering nie. Maar sy het ’n bokskampioen van ’n kêrel wat dik briewe aan haar skryf – en om sake verder te kompliseer, daag Wynand se broer ook nog op . . . en...
Book cover of Baas van Babilon
by Ena Murray
Language: Afrikaans
Release Date: November 19, 2014

’n Blitshuwelik, erfgrond, twee broers – Deon die losbol teenoor die stil, sterk Calvyn met die bitter hart – en ʼn onskuldige meisie wat as nuwe bruid op die plaas nie aanvaar word nie omdat sy nie met “agtergrond” en status kan spog nie. Dis enkele van die elemente van dié komplekse familiedrama....
Book cover of As die wiel draai
by Ena Murray
Language: Afrikaans
Release Date: November 19, 2014

Toe die ryk Killians van Ebenhaeser bankrot verklaar word en eindelik hul erfgrond, Ebenhaeser, verloor, stort al Charlene se lugkastele vir haar toekoms in duie. Maar daar is hoop: Charlene en haar pa word gevra om na Ebenhaeser terug te keer. Die nuwe eienaar, Henk de Beer, eertydse bywonerseun, se vriendelike aanbod blyk egter nie so onskuldig te wees as wat dit wil voorkom nie.
Book cover of Dokter Julene
by Ena Murray
Language: Afrikaans
Release Date: April 5, 2013

In Dokter Julene verlaat Julene Meissner die veilige hawe van die Meissnerkliniek om haar by haar biologiese pa in Switserland aan te sluit. Nóg hy nóg sy vrou van veertig jaar het egter van dié dogter se bestaan geweet . . . Julene besef gou dat sy nie Switserland haar nuwe tuiste wil maak nie,...
Book cover of Die geheim van Hercule Cordier
by Ena Murray
Language: Afrikaans
Release Date: September 30, 2014

Het Zonika Pierre maar liewer nie haar pa, seerowerkaptein van die Seekat, gedwing om kaptein Hercule Cordier te laat kielhaal net omdat hy haar durf beledig het nie . . . Wat ’n man kan doen, kan Zonika ook doen – selfs beter. Maar die dinge wat ’n man aan ’n vrou – en haar hart – kan...
Book cover of Die man met die geel oë
by Ena Murray
Language: Afrikaans
Release Date: April 20, 2014

In Die man met die geel oë gee die werkgewers van geheime agent majoor Brand Bröm aan hom die opdrag om saam met ’n vrou van sy keuse een nag lank die stad rooi te verf, en hom in die proses só skandelik te gedra dat hy oneervol uit die weermag ontslaan sal word.
1 2 3 4 56 7 8 9
We use our own "cookies" and third party cookies to improve services and to see statistical information. By using this website, you agree to our Privacy Policy