Christine Le Roux: 27 books

Book cover of Christine le Roux Keur 4
by Christine Le Roux
Language: Afrikaans
Release Date: May 4, 2018

In hierdie keur bewys Christine le Roux opnuut dat jy nie ’n vasbeslote vrou moet onderskat nie. In Liewe Onskuld soek die wewenaar Nicolas Steytler ’n oppaster vir sy twee kinders. Die jong rabbedoe Olivia Joubert lyk aanvanklik na ’n onwaarskynlike kandidaat, maar sy is vasbeslote om haarself...
Book cover of Christine le Roux Omnibus 7
by Christine Le Roux
Language: Afrikaans
Release Date: July 6, 2015

Christine le Roux se sewende omnibus bevat drie immergroen liefdesverhale. In Geskenk uit die hemel leer sakeman Pieter Louw vir Maja ken nadat hy haar per ongeluk raak ry. In Die lente kom weer moet Frans Fourie aan sy nuwe sekretaresse gewoond raak, en in Kosbaar soos die lewe gaan werk Elizabeth Benade vir die moeilike dokter Richard Nel.
Book cover of Christine le Roux Omnibus 5

Christine le Roux Omnibus 5

’n Wêreld sonder hom,’n Kwessie van tegniek, Bewys van liefde

by Christine le Roux
Language: Afrikaans
Release Date: May 5, 2013

’n Wêreld sonder hom: Nicoline is dertig maar al die mans wat op haar verlief raak, verveel haar gou. Maar wanneer sy haar broer in die hospitaal besoek en haar ontferm oor die ander pasiënt in sy saal, neem haar lewe ’n ander wending. ’n Kwessie van tegniek: Alicia het tydens haar onderhoud...
Book cover of Christine le Roux Omnibus 3
by Christine le Roux
Language: Afrikaans
Release Date: June 10, 2011

Die ontbrekende helfte: Yvette Faure word deur ’n agentskap as sekretaresse gestuur na die verstrooide professor Rabe se huis. Liefde uit die stormnag:’n Kunstenares soek skuiling in ’n hewige sneeustorm en is dae lank vasgekeer saam met ’n skatryk Kanadese nyweraar. Die gerieflikheidshuwelik...
Book cover of Christine le Roux Omnibus 1
by Christine le Roux
Language: Afrikaans
Release Date: September 1, 2011

Die eerste omnibus met ’n nuwe omslag. In Die honger hart trou Julia en haar peetpa se plaasbestuurder om die plaas wat hulle geërf het te behou. In Deel van die pakket is Gita van Duinen die nuwe ambassadeur se persoonlike assistent. In Verskuilde liefde vind dr. Edmund Wiese uit dat sy broer se weduwee haar tweeling alleen probeer grootmaak.
Book cover of Christine le Roux Omnibus 2
by Christine le Roux
Language: Afrikaans
Release Date: September 1, 2011

In Liewe Onskuld lyk die jong rabbedoe Olivia Joubert aanvanklik na ’n onwaarskynlike kinderoppaster, maar sy laat geen teenspraak toe nie. In Om lief te hê aanvaar Hester Verster ’n pos by ’n plaasskool, maar die plaaseienaar is uit die staanspoor openlik vyandig teenoor haar. In ’n Veilige...
Book cover of Christine le Roux Omnibus 6
by Christine le Roux
Language: Afrikaans
Release Date: June 3, 2014

Die sesde omnibus van een van ons gewildste liefdesverhaalskrywers sluit een van haar heel bekoorlikste verhale in: Die glasappel is ’n heerlike roman waarin humor en eksentrisiteit sjarmant verweef is, en waarin ons vir ’n verandering na die liefde deur die man se oë kyk. Die suksesvolle argitek...
Book cover of Christine le Roux Omnibus 8
by Christine Le Roux
Language: Afrikaans
Release Date: April 6, 2016

Die agste omnibus van hierdie gewilde skrywer bevat drie heerlike liefdesverhale wat met humor en sentiwiteit vertel word.Tweede beste: Nicolette wil Jack ’n les leer wanneer hy nie kans sien vir ’n naweek in die berge saam met haar nie. Sy nooi die stil Philip de Waal saam met die idee om Jack...
Book cover of Christine le Roux Omnibus 4
by Christine le Roux
Language: Afrikaans
Release Date: June 10, 2012

In Skynglans van geluk is Elise onthuts omdat sy in ’n film die hoofrol moet speel teeonoor ’n bekende filmster van wie sy nie hou nie. In’n Vonk van liefde stel ’n boer ’n swanger weduwee aan as bestuurder van die gastehuis op sy Karoo-plaas. In’n Nuwe begin kry ’n vrou die kans om oor te begin na ’n motorongeluk.
Book cover of Christine le Roux Keur 2
by Christine Le Roux
Language: Afrikaans
Release Date: May 8, 2017

“Sy voel skielik so veilig asof sy jare lank verdwaal het en nou uiteindelik op die regte pad is.” Verborge liefde: Roland Meyer en Victoria Malan besluit om slegs ’n huwelik in naam te hê. Beide hou van die gemaklike én gerieflike ooreenkoms en die reëls is tog duidelik genoeg uiteengesit....
Book cover of Christine le Roux Keur 1
by Christine Le Roux
Language: Afrikaans
Release Date: October 4, 2016

“Sy is alles wat ek wil hê, sy is die mens van wie ek gedroom het voor ek geweet het sy bestaan.” Bosnimf: Aanvanklik veroorsaak die ou, stowwerige huis wat hy by sy tante erf vir Etienne Bernard net ergernis. Dan besef hy dat sy tante haar huis dalk met voorbedagte rade aan hom bemaak het. Wie...
Book cover of Christine le Roux Keur 3
by Christine Le Roux
Language: Afrikaans
Release Date: November 6, 2017

“Vir die eerste keer voel sy wat die verskil is tussen ’n soen om die skyn te bewaar en een wat haar aan die brand steek sodat sy duisel.” In Die honger hart erf Julia Naudé een helfte van haar peetpa se plaas saam met André Malan, sy plaasbestuurder: op voorwaarde dat hulle trou. Julia beskou...
Book cover of Bewys van liefde

Bewys van liefde

Christine le Roux-omnibus 5

by Christine le Roux
Language: Afrikaans
Release Date: May 5, 2013

’n Bekwame jong fisioterapeut sien hoe haar vriend se broer in selfbejammering verval en ’n kluisenaar raak na ’n ongeluk waarin hy verlam is. Sy besluit die enigste manier om hom uit sy neerslagtigheid te skok, is met ’n goeie dosis eerlikheid.
Book cover of 'n Kwessie van tegniek

'n Kwessie van tegniek

Christine le Roux-omnibus 5

by Christine le Roux
Language: Afrikaans
Release Date: May 5, 2013

Alicia het tydens haar onderhoud met die begaafde akteur André Rosner haar so vererg dat sy vir hom presies gesê het wat sy van hom dink voordat sy uitgestorm het. Nou bevind sy haar op ’n klein Karoodorpie as draaiboekskrywer van ’n filmspan. En André Rosner speel die hoofrol.
12
We use our own "cookies" and third party cookies to improve services and to see statistical information. By using this website, you agree to our Privacy Policy