Annetjie Van Tonder: 11 books

Book cover of Raaiselvrou
by Annetjie van Tonder
Language: English
Release Date: January 7, 2013

Emma arriveer op 'n gasteplaas om uiteindelik haar roman te skryf. Net om 'n ietwat verwarrende situasie hier aan te tref. Die eienaar se dit is nie meer 'n gasteplaas nie en sy suster se dit is. Op die lange duur gaan Emma hier tuis maar steeds nie sonder probleme nie. Daar is die kat wat op haar...
Book cover of Man in 'n raam
by Annetjie van Tonder
Language: English
Release Date: January 4, 2016

Surene raak verlief op die foto van haar woonstelmaat se broer, Michiel. As sy hom uiteindelik op 'n vakansie ontmoet, besef sy dit is makliker om verlief te wees op Michiel-in-die-raam, as Michiel-in-lewende-lywe.
Book cover of Nooit weer alleen
by Annetjie van Tonder
Language: English
Release Date: January 4, 2016

Alet begeer weer om bemin te word, om te behoort. Hier ver van haar probleme en naby Antoon Basson is alles idillies. Maar tydelik. Sy moet weer terug na haar alleenheid. En haar hart agterlaat.
Book cover of Liefdesweb
by Annetjie van Tonder
Language: English
Release Date: January 4, 2016

Hector Terbruch vra Zilna om 'n portret van sy dogter te skilder. Sy verwag 'n ou man op die suikerplaas in KwaZulu-Natal, maar Hector is jonk, begeerlik, oorrompelend, onaantasbaar, en speel graag kat en muis met haar.
Book cover of Nuwe seisoen
by Annetjie van Tonder
Language: English
Release Date: January 4, 2016

Ronel het nie verwag dat 'n vroulike adjunkhoof so 'n opskuddinkie op die klein dorpie sou veroorsaak nie. Boonop kies die nuwe skoolhoof, Frans Hugo, sommer die eerste dag al kant teen haar na kwaadwillige praatjies.
Book cover of Altyd somer
by Annetjie van Tonder
Language: English
Release Date: January 4, 2016

Ricardo kom bied werkwinkels oor bonsaikuns by Philna se oupa se kwekery aan. Die bonsaimeester maak haar subtiel die hof en wen onherroeplik haar hart. Maar wie is die vrou en seun in die foto wat hy oral saam met hom dra?
Book cover of Haar ander helfte
by Annetjie van Tonder
Language: English
Release Date: January 4, 2016

Vandat Corneli die dokter Alberto del Piero ontmoet het, woel vreemde emosies in haar. Toe sy ma ingryp met 'n verhaal uit die Tweede Wereldoorlog, besef Corneli sy sal hulle liefde in die kiem moet smoor.
Book cover of Bruid in brokaat
by Annetjie van Tonder
Language: English
Release Date: January 5, 2016

Hy gee haar hart vlerke, leer haar liefde ken. Maar Gerbrandt Louw is 'n bedrieer, glo Roda. Hy lei haar en haar oom om die bos. Hul besoek aan Kioto is 'n bedrogspul. Hoe gemaak met sy verraad?
Book cover of Haar hart se tuiskoms
by Annetjie van Tonder
Language: English
Release Date: December 2, 2018

Na Lana se egskeiding, fokus sy op haarself en haar kinders. Romanse is nie welkom in haar huis nie. Maar haar buurman, Daniel, maak met sy outydse sjarme en mooi blou oe haar hart weer fiks vir liefde.
Book cover of Wie nie waag nie
by Annetjie van Tonder
Language: English
Release Date: January 15, 2018

gabi het op skool vir reuel afgeskryf as 'n nerd. by hul reuenie twintig jaar later is die nerd nie meer 'n nerd nie, maar 'n aantreklike man vol selfvertroue. een wat haar leer om te waag vir die liefde. maar sal hy haar kan vergewe?
Book cover of Tussen twee vure
by Annetjie van Tonder
Language: English
Release Date: January 4, 2016

Helette se plan was sowaar nie om au pair te speel vir 'n kleuter nie. Die professorpa is buitendien net te befoeterd en te aantreklik. Of is daar 'n ander rede vir die magnetiese man se frons?
We use our own "cookies" and third party cookies to improve services and to see statistical information. By using this website, you agree to our Privacy Policy