Annelize Morgan: 22 books

Book cover of Annelize Morgan Omnibus 8
by Annelize Morgan
Language: Afrikaans
Release Date: August 6, 2017

Drie van Annelize Morgan se beste verhale. In Wit roos van geluk moet Rosalie deur diep water gaan. Sy was net ’n baba toe haar ma haar op oom Markus se stoep neergelê het. Maar sy familie wou haar nie op die plaas hê nie. En die man wat sy liefgekry het se skatryk pa is ontevrede oor haar verlede...
Book cover of Annelize Morgan Omnibus 7
by Annelize Morgan
Language: Afrikaans
Release Date: August 6, 2016

Drie van Annelize Morgan se beste verhale: In ’n Sluier vir Shahira word Isabelle Deneuve deur seerowers na Arabië weggevoer en as slavin aan die wrede sjeik Salem Khidr verkoop. Sy aartsvyand, sjeik Xavier Jarad, raap haar egter voor sy neus weg. In Melktert en kaviaar droom liedjieskrywer Emma...
Book cover of Annelize Morgan Omnibus 4
by Annelize Morgan
Language: Afrikaans
Release Date: June 1, 2013

Slavin van La Liberté Toe Leia as jong skipbreukeling aan die ooskus van Afrika uitspoel, het Tembisa, ’n inboorlingvrou, haar gevind en grootgemaak. Net voor Tembisa se dood het sy vir Leia ’n kosbare goue hangertjie met ’n vreemde embleem daarop gegee. Dit was om haar nek toe sy gevind is....
Book cover of Annelize Morgan Omnibus 1
by Annelize Morgan
Language: Afrikaans
Release Date: September 1, 2011

In Bruid van die woestyn word Colette Bertrand se skip op pad na die Kaap de Goede Hoop deur seerowers oorval. Sy en vier vriendinne word as slavinne verkoop; ’n lewe van vernedering en wanhoop wag in die woestyn op haar. Daar is egter een van die mans wat op haar bie, die aantreklikste man wat...
Book cover of Annelize Morgan Omnibus 2
by Annelize Morgan
Language: Afrikaans
Release Date: May 26, 2011

Pad na die skavot is ’n spanningsvolle Kaapse verhaal. Vir Celèste du Toit is Armand de Bordeaux meer as ’n werkgewer – hy is haar droomheld. Sy weet egter dat haar drome oor hom drome sal bly, want hy is ’n graaf, ’n skatryk edelman, en sy ’n gewone bediende. Maar dan bevind sy haar...
Book cover of Annelize Morgan Omnibus 3
by Annelize Morgan
Language: Afrikaans
Release Date: June 20, 2012

In Masker van die verlede raak Angélique de Busset in die Kaap onder dwang verloof aan die markies van Touraine. Swaardgevegte, liefdesdriehoeke en vele intriges lê in haar toekoms, en eindelik sal Angélique moet besluit of sy gaan trou met die selfversekerde markies en of sy haar eie kop gaan...
Book cover of Annelize Morgan Omnibus 6
by Annelize Morgan
Language: Afrikaans
Release Date: June 6, 2015

In Skat van onheil land die Franse edelmeisie Véronique aan die Kaap om haar aan te sluit by haar vader, die graaf van Sévigné. Hy en die familie-juwele het egter spoorloos verdwyn. ʼn Spaanse seekaptein, Don Diego Fernandez, help haar om na haar vader te soek. In Goue horisonne probeer Gert Bezuidenhout...
Book cover of Annelize Morgan Omnibus 5
by Annelize Morgan
Language: Afrikaans
Release Date: June 30, 2014

In Somer van die rooi robyn reis Nicole na die Kaap om daar by haar ouers aan te sluit. Haar avonture sluit in storms ter see, seerowers en ’n silwer robynhalssnoer wat ’n vloek dra. En dit is maar nog net die begin . . . In Spoelgoud verhuis Beth in die vroeë 1870’s na Pelgrimsrus. Hier ervaar...
Book cover of 'n Sluier vir Shahira
by Annelize Morgan
Language: Afrikaans
Release Date: April 28, 2011

Vir Isabelle de Neuve verander die lewe in ’n oogwink toe haar vader verongeluk en sy wees gelaat word. Sy laaste versoek is dat sy Frankryk moet verlaat, na die Kaap de Goede Hoop moet gaan en met Etienne le Riche moet trou. Maar op pad word hulle skip deur seerowers oorval en word sy saam met...
Book cover of Wierook van verlange
by Annelize Morgan
Language: Afrikaans
Release Date: May 5, 2017

Al wat Liliane Beaudelaire oor haar ouers weet, is dat haar pa haar by ’n weeshuis in Frankryk gelos het sodat hy na haar ma in Arabië kon gaan soek. Hy het nooit teruggekeer nie. Ene monsieur Laurent bied die twintigjarige Liliane die geleentheid om Arabië toe te gaan, maar daar maak sy die skokontdekking...
Book cover of Liefde sonder hawe
by Annelize Morgan
Language: Afrikaans
Release Date: March 22, 2011

Die jong Isabeau se lewe saam met haar ouers op die Franse platteland is nie idillies nie, maar daarvoor vergoed haar vriendskap met die skaapwagterseun Simon. Net voor Isabeau-hulle vir die soveelste maal na ’n ander dorp moet trek, sweer hulle twee trou aan mekaar, en Isabeau belowe dat sy sal...
Book cover of Die geheim van Rust der Vrede
by Annelize Morgan
Language: Afrikaans
Release Date: June 30, 2014

In Die geheim van Rust der Vrede word Engela na die landgoed Rust der Vrede ontbied, al word sy deur die familie soos ’n uitgeworpene behandel. Sy ontmoet die sjarmante, welgestelde landheer Armand de Savoye, en dis duidelik dat hy ’n groot rol in haar lewe sal speel. Maar dan kom sy tot die skokkende besef dat haar lewe in gevaar is . . .
Book cover of Gister se verlange
by Annelize Morgan
Language: Afrikaans
Release Date: July 20, 2013

Na twintig jaar in ’n klooster in Frankryk, hoor Rozanne de Savoye dat haar moeder nog leef en waarskynlik iewers aan die Kaap de Goede Hoop woon. Bykans ekstaties van vreugde en opwinding reis Rozanne na die Kaap – om sommer uit die staanspoor met teleurstellings en teenslae te doen te kry. Boonop...
Book cover of Melktert en kaviaar
by Annelize Morgan
Language: Afrikaans
Release Date: September 1, 2011

Liedjieskrywer Emma Steyn se grootste droom is om eendag haar eie liedjies te sing.  Sy  raak egter heeltemal té gespanne – so erg dat sy nie eers ’n piep kan uitkry nie. En haar vriend, die sanger Ingo, maak dit nie makliker nie. Wanneer Ingo vir Emma met ’n ander meisie verneuk en boonop...
12
We use our own "cookies" and third party cookies to improve services and to see statistical information. By using this website, you agree to our Privacy Policy